Nut van Kameraverstellings

Nut van Kameraverstellings

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

'n Deel van Gansbaai Fotografieklub in aksie tydens hulle praktiese uitstappie saam met Hugh-Daniel Grobler. Foto: Nicolene Richards

Klublid Hugh-Daniel Grobler het tydens die vorige byeenkoms van Gansbaai Fotografieklub seker gemaak dat klublede die kritiese belangrikheid van hul kameras se funksies sal besef en ook sal verstaan hoe om daardie funksies ten volle te benut. Hy was die aanbieder van die aand se tema, "Time Value". "Deur slegs op jou kamera se outomatiese funksies te vertrou, word vele geleenthede vir die neem van baie beter foto's verbeur," het hy gesê. Hugh-Daniel het op die 3 hoofaspekte gefokus om die beste beligte (korrekte "exposure") foto's te kan neem. Hierdie 3 aspekte het hy aan die hand van 'n driehoek verduidelik. Heelbo is die ISO (Internasionale Standaarde Organisasie), links onder is die sluiterspoed ("shutter speed") en regs onder die lensopening ("aperture"). In kort kom die definisies op die volgende neer: ISO - Dit beïnvloed die sensor se sensitiwiteit ten opsigte van lig. Hoe hoër die ISO, hoe meer lig word ingelaat; Sluiterspoed / Shatter Speed (SS) - Dit reguleer die tyd wat die sensor aan lig blootgestel word. 'n Vinnige SS "vries" die beweging van die onderwerp, terwyl 'n stadige SS die beweging wys. Lensopening / Aperture - Hier word ook na "f-stops" verwys en word aangedui as f2.8, f5.6, f8…. Dit dui op die grote van die lensopening wat die hoeveelheid lig reguleer. Hoe kleiner die f-nommer, hoe groter is die lens-opening en hoe groter die f-nommer, hoe kleiner die lensopening. Hugh-Daniel het van sy eie uitstekende foto's gebruik om die benut-ting van genoemde funksies te verduidelik.

Met die neem van hierdie besonderse foto deur Hugh-Daniel Grobler, was die sluiterspoed op 1/50ste van 'n sekonde, die lensopening op f5.6 en ISO op 800

Vir aanbied van werks-winkels, kan Hugh-Daniel (072-352-7776) geskakel word, of e-pos hom by hdgrobler@g mail.com. Op Maandag, 18 Maart het Hugh-Daniel 'n groot groep klublede en gaste op 'n praktiese uitstappie geneem om die kennis wat hulle opgedoen het te gaan toepas. Die volgende byeenkoms is 'n uitstappie na Platbos op 1 April vir 'n Bring-en-Deel Ontbyt en die neem van foto's. Die vertrektyd is 06:00, maar sal bevestig word. Navrae rakende Gansbaai Fotografieklub kan aan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 gerig word.                
           
Hardus Botha

Nut van Kameraverstellings

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles