Rubber Ducks nou in Gansbaai

Rubber Ducks nou in Gansbaai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

'n Voorbeeld van 'n 3m Rubber Duck (Opblaasboot) wat plaaslik deur Omega Marine gebou word - 'n eerste vir Gansbaai

Die vervaardiging van opblaasbote, of te wel "rubber ducks" in Gansbaai, is beslis 'n "eerste" vir Gansbaai. Kobus van Staden van Omega Ondernemings in die Industriële area sê dat hulle gedurende November verlede jaar besluit het om aan hengelaars wat nie 'n groot boot kan bekostig of wil hê nie, 'n bekostigbare alternatief beskikbaar te stel." Dit het aanleiding gegee tot Omega Marine se eerste opblaasboot van 3,0m, wat volledig in Gansbaai gebou is - 'n eerste keer vir Gansbaai. "Die bote is baie stabiel met hulle opblaasbare kiel, terwyl daar ook gehoor gegee is aan kliënte se behoeftes vir 'n wyer boot sodat 'n visbak gemaklik kan inpas," vertel Kobus. "Die bote is lekker ruim en 3-4 mense kan met gemaak op die 3,4m boot pas."

Die baie bekende en kundige (ook kunstige) Henry Claassen, met 20 jaar ondervinding in hierdie bedryf, is die afgelope jaar in diens van Omega Ondernemings. Verskeie lekkende opblaasbote is al herstel en ook met nuwe pontoons toegerus wat dit soos ’n nuwe boot laat lyk. "Kliënte is reeds bewus daarvan dat Omega baie gesteld is op kwaliteit en ons is dan ook nou trots om te kan sê dat Henry nie sal teleurstel nie - sy vakmanskap is uitstaande," sê Kobus. Omega Ondernemings het gedurende die afgelope 13 jaar bekend geword vir die wye reeks kwaliteitprodukte en -dienste wat hulle aanbied. "Nou word Opblaasbote, beter bekend as Rubber Ducks, professioneel in Gansbaai vervaardig en herstel." Die bote word op die perseel ten toon gestel en kan besigtig word. 'n Verdere voordeel is dat hierdie bote ook op bestelling en volgens die kliënt se spesifieke behoeftes gebou kan word. Kobus sê Omega Marine bou tans nog net sagtekielbote, maar opblaasbote met 'n soliede glasveselkiel is reeds op die horison. Omega Marine sal die produkreeks in die toekoms uitbrei om 'n wyer reeks produkte aan die publiek en booteienaars te verseker.

Belangstellendes kan die gedugte span, 'n trots vir Gansbaai, by 028-384-2973 of stuur 'n e-pos aan kobus@omegaenterprises.co.za.                
Hardus Botha
 

Rubber Ducks nou in Gansbaai

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles