Bietoubossers in Platbos

Bietoubossers in Platbos

Gansbaai Courant

Saamkuier in Platbos se woud, maar ook groot saam eet (Foto's: Elizma de Lange en Anita Botha.)

'n Groot groep Bietoubossers, 9 volgelaaide motors, het Platbos Forest van Francois en Melissa Krige op 12 Maart besoek. Tussen al die vele en mooie rose was daar net een doring, Attie le Roux, maar hy sê hy het die uitstappie oorleef tussen die rose en dit ook baie geniet. Elizma de Lange sê dat iemand kort voor hulle vertrek na Platbos gesê het: "Lyk my hier’s duisende wat gaan!”

By Platbos aangekom, het Melissa Krige hulle oor die pragtige en kosbare inheemse woud met sy wit stinkhout-, witpeer- en wilde olyfbome, party van oor ‘n 1,000 jaar oud, ingelig. "Sommer vinnig-vinnig het die woud die Bietoubossers ingesluk, met almal net rustig aan’t wandel om die rustigheid van die natuur en natuurskoon te geniet." Sy vertel van die wonderlike bosstilte, met net die voëls wat so tussendeur vraend getwiet het oor die vreemde gekwetter van Bietoubossers in hul woud. Betsie van der Merwe (87), een van hulle erelede het saamgegaan en kon nie uitgepraat raak oor die feit dat sy nog 'n wens op haar doenlysie kon aftik nie.

"Daarom het ons haar ook gevra om die labirint, gebou uit arikreukelskulpe, plegtig te voltooi!" Elizma sê terug by die beginpunt is die piekniekplek ten volle benut met al die heerlike versnaperinge wat saam gekarwei is. "Met só ‘n ontspanne saam kuier in dié prentjiemooi woud en omgewing is die terugtog huis toe maar baie traag aangepak, maar almal het saamgestem dat die spesiale herinneringe aan die besonderse dag hulle nog lank sal bybly." Platbos is op 'n keer deur prof Eugene Moll as 'n "unique South African forest jewel" beskryf. Dit is net buite Gansbaai op die Grootbospad geleë en die naam is afgelei van "flat forest or bush".

Een van die Bietoubossers se erelede, Betsie van der Merwe (87) wat nie vir Platbos teruggedeins het nie, sit hier in die labirint en spog: "Missie voltooi!"

Francois en Melissa fokus egter nie net op besoekers nie. Die hoofdoel van hulle bedryf te Platbos, in samewerking met etlike andere, gaan oor "bewaring vir die nageslag".

Vir navrae kan Francois of Melissa Krige by 082-411-0448 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by info@platbos. co.za. Hulle webtuiste is www.platbos.co.za.
Elzima herinner lede en voornemende lede aan die volgende byeenkoms van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders op 9 April 2013 in die Kleinsaaltjie van die NG Kerk.

Navrae kan aan die klub se voorsitter, Annette van Zyl, by 028-384-1075 of 083-291-1829 gerig word.
 
Hardus Botha

Bietoubossers in Platbos

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles