Bietoubossers in Platbos

Bietoubossers in Platbos

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Saamkuier in Platbos se woud, maar ook groot saam eet (Foto's: Elizma de Lange en Anita Botha.)

'n Groot groep Bietoubossers, 9 volgelaaide motors, het Platbos Forest van Francois en Melissa Krige op 12 Maart besoek. Tussen al die vele en mooie rose was daar net een doring, Attie le Roux, maar hy sê hy het die uitstappie oorleef tussen die rose en dit ook baie geniet. Elizma de Lange sê dat iemand kort voor hulle vertrek na Platbos gesê het: "Lyk my hier’s duisende wat gaan!”

By Platbos aangekom, het Melissa Krige hulle oor die pragtige en kosbare inheemse woud met sy wit stinkhout-, witpeer- en wilde olyfbome, party van oor ‘n 1,000 jaar oud, ingelig. "Sommer vinnig-vinnig het die woud die Bietoubossers ingesluk, met almal net rustig aan’t wandel om die rustigheid van die natuur en natuurskoon te geniet." Sy vertel van die wonderlike bosstilte, met net die voëls wat so tussendeur vraend getwiet het oor die vreemde gekwetter van Bietoubossers in hul woud. Betsie van der Merwe (87), een van hulle erelede het saamgegaan en kon nie uitgepraat raak oor die feit dat sy nog 'n wens op haar doenlysie kon aftik nie.

"Daarom het ons haar ook gevra om die labirint, gebou uit arikreukelskulpe, plegtig te voltooi!" Elizma sê terug by die beginpunt is die piekniekplek ten volle benut met al die heerlike versnaperinge wat saam gekarwei is. "Met só ‘n ontspanne saam kuier in dié prentjiemooi woud en omgewing is die terugtog huis toe maar baie traag aangepak, maar almal het saamgestem dat die spesiale herinneringe aan die besonderse dag hulle nog lank sal bybly." Platbos is op 'n keer deur prof Eugene Moll as 'n "unique South African forest jewel" beskryf. Dit is net buite Gansbaai op die Grootbospad geleë en die naam is afgelei van "flat forest or bush".

Een van die Bietoubossers se erelede, Betsie van der Merwe (87) wat nie vir Platbos teruggedeins het nie, sit hier in die labirint en spog: "Missie voltooi!"

Francois en Melissa fokus egter nie net op besoekers nie. Die hoofdoel van hulle bedryf te Platbos, in samewerking met etlike andere, gaan oor "bewaring vir die nageslag".

Vir navrae kan Francois of Melissa Krige by 082-411-0448 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by info@platbos. co.za. Hulle webtuiste is www.platbos.co.za.
Elzima herinner lede en voornemende lede aan die volgende byeenkoms van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders op 9 April 2013 in die Kleinsaaltjie van die NG Kerk.

Navrae kan aan die klub se voorsitter, Annette van Zyl, by 028-384-1075 of 083-291-1829 gerig word.
 
Hardus Botha

Bietoubossers in Platbos

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles