Dit gaan goed

Dit gaan goed

Gansbaai Courant

Hendrik Pienaar met twee baie mooi hotties en op die ander foto, Chrisjan van Dyk wat gereeld stof skop in die oë van die meer ervare manne, by een van sy mooi visse.

Wat die hengelaars betref, niks om oor te kla nie, dankie.

Verlede Vrydag het Charlie Waters en sy groepie afgesit Pearly Beach toe nadat hulle gesorg het vir genoeg vars krewels. Daar aangekom moes hulle vir ‘n geskikte hengelplek soek en oorkant die rondawels het die water belowend gelyk. Sommer gou kyk was die eerste galjoen in die sakkie en twee ander het kort daarna gevolg. Met die groeiwater skuif hulle toe effens en loop hulle in mooi steenbrasse vas  --  onderskeidelik 7.8, 5.4, en 3.5 kg. Boonop is ‘n lynbreker (wás ‘n steenbras, sê hulle) verlore, diepwater toe. Dit alles in ‘n 3-uur periode!  Omdat hulle kwota toe reeds gevul was moes hulle noodgedwonge gee pad, met vis wat nog aanmekaar gebyt het. Welgedaan.

Van links, Charlie Waters, Charline en Eddie Andrews met hulle mooi vangs.

Ook op die Plaat is mooi steenbrasse gevang en die galjoen-manne doen stilweg hul ding.

Skipper Johan Rossouw van Roman en sy bemanning het dit nag gemaak onder die hotties en vaar besonders goed. ‘n Jong mannetjie, genaamd Christo ? wys sy slag gereeld en weeg op ‘n gereelde grondslag meer vis in as die ouens met die harde baarde  --  het seker nog nie rukkematiek in sy vingers nie. ‘n Paar mooi romanne is ook gevang.

Dit alles beloof belowend te wees vir die komende vakansietye. Die weer is natuurlik ‘n ander storie, maar laat jou darem met die keuse om met die boot see toe te gaan of van die kant af te hengel. Wat ‘n lekker vooruitsig!

Lekker tye om na uit te sien.
Groete, Seemeeu

Dit gaan goed

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles