Dit gaan goed

Dit gaan goed

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hendrik Pienaar met twee baie mooi hotties en op die ander foto, Chrisjan van Dyk wat gereeld stof skop in die oë van die meer ervare manne, by een van sy mooi visse.

Wat die hengelaars betref, niks om oor te kla nie, dankie.

Verlede Vrydag het Charlie Waters en sy groepie afgesit Pearly Beach toe nadat hulle gesorg het vir genoeg vars krewels. Daar aangekom moes hulle vir ‘n geskikte hengelplek soek en oorkant die rondawels het die water belowend gelyk. Sommer gou kyk was die eerste galjoen in die sakkie en twee ander het kort daarna gevolg. Met die groeiwater skuif hulle toe effens en loop hulle in mooi steenbrasse vas  --  onderskeidelik 7.8, 5.4, en 3.5 kg. Boonop is ‘n lynbreker (wás ‘n steenbras, sê hulle) verlore, diepwater toe. Dit alles in ‘n 3-uur periode!  Omdat hulle kwota toe reeds gevul was moes hulle noodgedwonge gee pad, met vis wat nog aanmekaar gebyt het. Welgedaan.

Van links, Charlie Waters, Charline en Eddie Andrews met hulle mooi vangs.

Ook op die Plaat is mooi steenbrasse gevang en die galjoen-manne doen stilweg hul ding.

Skipper Johan Rossouw van Roman en sy bemanning het dit nag gemaak onder die hotties en vaar besonders goed. ‘n Jong mannetjie, genaamd Christo ? wys sy slag gereeld en weeg op ‘n gereelde grondslag meer vis in as die ouens met die harde baarde  --  het seker nog nie rukkematiek in sy vingers nie. ‘n Paar mooi romanne is ook gevang.

Dit alles beloof belowend te wees vir die komende vakansietye. Die weer is natuurlik ‘n ander storie, maar laat jou darem met die keuse om met die boot see toe te gaan of van die kant af te hengel. Wat ‘n lekker vooruitsig!

Lekker tye om na uit te sien.
Groete, Seemeeu

Dit gaan goed

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles