Oordenking: My Stukkende Beeld

Oordenking: My Stukkende Beeld

NG Kerk Gansbaai

Oordenking: My Stukkende Beeld

Gen 3

In Gen 3 kom die paradysverhaal, die verhaal van goeie gesonde verhoudings, tot ‘n tragiese einde. Die mens het in die waan dat hy ‘n god kan word, gekies om te eet van die boom van alle kennis. In ‘n oogwink is al die verhoudinge waarin die mens gestaan het, deurgesny. Hiermee het die mens opgehou om ‘n sinvolle bestaan te voer, trouens die mens het gesterf. 

Baie mense dink God was in Gen 3  baie genadig toe die mens nie gesterf het nadat hy van die vrugte geëet het nie.  Maar lees ons die verhaal reg, ontdek ons die mens het inderdaad gesterf. Hulle het wel nog asemgehaal, bestaan, maar die mens het opgehou om sinvol te leef. Want om waarlik te lewe, is om verantwoordelikheid te aanvaar vir alle lewe op aarde: plante, diere en medemens. Om te lewe beteken om vir die lewe te sorg, beteken om in verhouding te staan met alle ander vorme van lewe. Die oomblik dat jy nie meer vir alle lewe op aarde sorg nie, steek jy die verbode vrug in jou mond en dan sterf ons. Dit is presies wat in die tuinverhaal gebeur het, die mens het gesterf in al sy verhoudinge. 

F Deist verduidelik hierdie doodgaan van die mens se verhoudings as volg. Heel eerste het die mens bewus geraak van hulle verskille. Verwyderende skaamte verbreek ‘n eens harmonieuse verhouding. In verse 8 en  9 lees ons hoe die mens vir God wegkruip. Vrees het nou deel geword van die God-mens verhouding. Verwyt begin die plek inneem tussen  medemense. 

Ondergeskiktheid maak nou sy woonplek in ‘n verhouding waar gelykheid eens alleen woonagtig was (vers 16). Die verhouding tussen mens en dier word verander in een van vyandskap (14-15). Pyn word nou deel van mens en dier se bestaan (vers 16). Volgens vers 19 vind daar ‘n verwydering plaas tussen die mens en sy arbeid. Arbeid word moeite. Hierdie doodgaan van verhoudings word ook sigbaar in die mens se verhouding met die natuur. Daar vind verwydering plaas tussen mens en natuur (vers 18).

Deist skryf: "Deur een keuse word ‘n sewevoudige geweefde draad van menslike lewensin deurgesny... met die eet van die verbode vrug het die mens gesterwe. Hulle het wel nog asemgehaal, ja; hulle het nog gevegeteer, maar hulle het nie meer geleef nie.”

Die Bybel en die geskiedenis van die mensdom getuig van ‘n verhaal waarin die mens, na Genesis 3, ‘n soeker geword het. Ons is op soek na heling vir ons stukkende beeld, swerwers op soek na God en ons ware self. DJ Smit sê dat ons tydsgees beskryf kan  word as ‘n soort soeke, ’n soort leegheid en verlange. Dit word gekenmerk deur ‘n bereidheid om agter idees en idole(afgode) aan te loop - veral die wat na vore kom  met beloftes van vervulling vir die soeke.

Stilword: Gebruik die stilte en alleen-wees om diep na te dink oor die verhaal van Gen 3. Hoe lyk die mens wat in die spieël van Gen 3 weerkaats word? Herken ek hierdie mens in myself en in die wêreld waarin jy leef? Wat is jou diepste verlange?      

Gebed

Gevind

Drie Enige God, uit liefde het U my gevorm om U liefdevolle aangesig in die wêreld te wees.

Maar Here

Die stem van verleiding om my eie gelaat bo U te verhef, het my oorweldig.

Heilige God, ek bely

Ek het die weg gekies wat loop langs selfsug waar geen ruimte  vir U of my naaste is nie.

Ek is die mens wat op my lewenspad die stemme volg van ydelheid, hoogmoed, wellus, gierigheid, gevoelloosheid, woede en onreg.

Ek is die mens wat U skepping plunder  tot eer van my naam.

Ek het die mens geword wat die weg van skuldverplasing bewandel. “Dit is nie ek nie Here”.

Here, ek is die afgods- mens wie in die ver land van die Verlore seun afgesterf het.

Liefdevolle God, laat my weer drink uit die lewewekkende stroom van U genadige liefde en goedheid.

Drie Enige God,  laat my in die stilte  U stem hoor fluister: jy is gevind nog voor jy gesoek het. Jy is bemin nog voor jy leer bemin het.  Amen 

Oordenking: My Stukkende Beeld

Ds Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles