Pinksterboodskap 27 Mei 2020: Dag 3

Pinksterboodskap 27 Mei 2020: Dag 3

NG Kerk Gansbaai

Pinksterboodskap 27 Mei 2020: Dag 3

Elke jaar neem ons tydens Pinkster kollekte op vir die Bybelgenootskap. Ons vra dat julle asb hierdie jaar weer oorweeg om hul te ondersteun met die 5 dae se kollekte wat jy sou kerk toe bring.

Die Bybelgenootskap van SA
ABSA Santyger
Rek nr: 550 220 288
Takkode: 632 005
Verwysing: Pinkster

Meditasie geskryf deur Dr Lisel Joubert

Dag 3

1. Word stil in jou Pinksterplek. Haal diep asem en word teenwoordig. Word bewus van jou asemhaling, jou lyf, jou omgewing. Jy is nou in die nou, en God is ten volle -nie in bietjies nie- ten volle nou teenwoordig deur sy Heilige Gees. Word bewus van jou gedagtes, jou emosies. Sonder oordeel. Dit is wie jy nou is in die teenwoordigheid van die Goeie God.

2. Luister na die Woordboodskap van ds Barend Vos. Wat hoor jy vandag oor die werk van die Heilige Gees. Wat is die een ding wat jy graag met iemand wil deel - oor wil getuig? Lees gerus Handelinge 1: 8; Romeine 8: 26-27.

3. Hoe lyk jou getuienismandjie? Watter woorde is almal daarin gepak wat iets verwoord van jou lewe saam met God. Skryf hulle neer (miskien is daar ook leë blokkies want daar is altyd nie woorde nie).

4. Thomas Keating het geskryf dat stilte God se moedertaal is, Sy eerste taal. In die tyd word ons meer genooi na stilte vanweë omstandighede. Wat is jou verhouding met stilte? Waag met niks praat sodat God jou kan kom verras. Dit is ook gebed - die gebed van “hier is ek”.

5. In die Benediktynse tradisie is daar baie stilte. Hulle praat daarvan dat taal ‘n gawe is en ons is rentmeesters van woorde. Ons moet hulle mooi en reg gebruik. Dit behels ook dat ons soms minder moet praat oor God, want eintlik verstaan ons nie die misterie nie. Die vierde eeuse kerkvader Gregorius van Nyssa het geskryf dat ons aan God moet dink soos ons asemhaal - gedurig - maar miskien minder oor Hom moet praat. Hy skryf dit is nie verkeerd om baie oor God te praat nie, maar nie altyd “timely” is nie: “What is good loses its goodness if it isn’t done in a good way”.

6. Hoor God wat vandag vir jou sê “Shhhhhh”, word stil, my Gees verstaan.

Kliek op hierdie skakel om na Dr Barend Vos se stemboodskap te luister.

Pinksterboodskap 27 Mei 2020: Dag 3

Dr Lisel Joubert en Dr Barend Vos

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles