Bekwame Toerismepersoneel

Bekwame Toerismepersoneel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Onderskeidelik links en regs is Rigardo Plaatjies en Heinrich Jansen wat hul toergids-lapelwapens en sertifikate van Andrè de Waal (middel) ontvang het

Gansbaai Toerismepersoneel het hul kennis al verskeie kere met kursusse en die bywoning van aanbiedinge buite Gansbaai verbreed. So was dit ook weer met Heinrich Jansen, Inligtingsbeampte en Rigardo Plaatjies, tydelike werknemer van Gansbaai Toerisme.

Heinrich het sy Omgewingsgidskursus (Site Guide Course) vroeër vanjaar by die Tourism Guide Institute verwerf. Dit was 'n offisiële en erkende kursus en Heinrich is nou by die Departement Toerisme as 'n omgewingsgids geregistreer. Sy area van bediening as amptelike gids is die Groter Gansbaai Area.

Andrè de Waal van die Tourism Guide Institute het Heinrich se offisiële lapelwapen en sertifikaat op Dinsdag, 2 April 2013 aan hom oorhandig.

Gansbaai Toerisme se tydelike werknemer, Rigardo Plaatjies, is reeds 'n bekende gids vir die Perlemoen Trail en het belangstellendes al etlike kere op die Duiwelsgat Voetslaanroete vergesel. Hy is ook op die Extended Public Works Programme (EPWP) van die Overstrand Munisi-paliteit. Nou is Rigardo ook 'n offisiële omgewingsgids wat sy opleiding ook by die Tourism Guide Institute deurloop het, waarvoor hy saam met Heinrich 'n lapelwapen en sertifikaat van Andrè ontvang het.

"Altwee hierdie knap jongmanne het ook reeds 'n Noodhulpkursus (Vlak 1) suksesvol deurloop," vertel Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme.

"Gansbaai Toerisme is trots op hulle!" Met die jaar wat reeds fluks aan die vorder is, word lesers net weer aan die Toerisme Kalender herinner waar gekyk kan word om botsings met die aanbieding van spesifieke geleenthede te vermy.

Kom sluit ook gerus teen 'n minimale jaarlikse fooitjie as Toerismevriende aan en bly op hoogte van gebeure in die omgewing.

Die kantoor se besoektye is Maandae tot Vrydae 09:00-17:00, Saterdae 09:00-16:00 en Sondae 10:00-14:00. Vir opdatum toerisme gebeure en interessanthede, kan hulle by 028-394-1439 gekontak word, of stuur 'n e-pos aan gansbaaiinfo @telkomsa.net.

Webtuistes is: www.gansbaaiinfo.co.za of www.gansbaai.com.

Hardus Botha

Bekwame Toerismepersoneel

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles