Gansbaai Primer se Nee vir Geweld

Gansbaai Primer se Nee vir Geweld

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Maartmaand was 'n bedrywige maand vir Gansbaai Primêr se leerders en hulle stemme het ten hemele geskree: "Ons het genoeg gehad van geweld teenoor vroue en kinders!" Die maand is afgeskop met die maak van plakkate om uiting aan hulle gevoelens te gee.
Hulle het koerantuitknipsels oor geweld teenoor vroue, kinders en verkragtingsake bymekaargemaak sodat elke graad 'n collage daarvan kon maak. Dik, rooi kruise is daarna op die plakkate aangebring. Elke klas moes ook "in die geheim" hul eie en unieke slagspreuke en krete uitdink.

Op Vrydag, 15 Maart is 'n vuur in 'n drom in die straat voor die skoolgebou gemaak. Die leerders het in rye na buite gestap en stelling ingeneem, terwyl krete ge-uiter is. Die leiers van elke klas het om die beurt na die drom gestap om hul plakkate daarin te verbrand.

Enkele voorbeelde van slagspreuke het soos volg gelui: "Misdaad maak my siek"; "Een is te veel"; "Stop vrouemishandeling"; "Weg met geweld"; "Is jy man of is jy muis". Die leerders het ook 'n petisie voorberei wat deur sowat 500 van hulle onderteken is.
 

Die oorhandiging van 'n ondertekende petisie aan rdh Pieter Scholtz en Gansbaai se Verkeershoof, Tony Blakenberg (middel), met die skoolhoof, Tommy Volkwyn links

Op Maandag, 18 Maart is die petisie aan rdh Pieter Scholtz, Overstrandse Uitvoerende Onderburgemeester en Gansbaai se Verkeershoof, Tony Blakenberg oorhandig, asook later aan ander organisasies. Onder andere was rdl Moira Opperman, Jolandi Sauls (Ikamva), Jacoba Europa (Silwerjare Diens-sentrum) en Cathy Sauls (Vroue Netwerk) ook teenwoordig. Rdh Scholtz het onder andere gesê: "Net die feit dat daar enigsins van die gemeenskap optrede vereis word oor geweld teen vroue en kinders skree ten hemele!" Gedurende die maand het leerders ook toepaslike prente ingekleur, terwyl hulle ook deur verskeie gassprekers toegespreek is, onder andere deur Evangelis October.

Evangelis October, tydens sy praatjie aan die leerders

Die plegtige lees van die Belofte deur die leerders

Die hoogtepunt van die maand se aksie teen geweld was die treffende belofte wat hardop deur die leerders afgelê is: "Ek belowe…Om die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika te eerbiedig; Om die wette van die land te gehoorsaam; Om die regte van ander te respekteer, ongeag hul ras of geslag; Om niemand te verkrag of enige seksuele aanranding, misbruik of geweld te pleeg nie; Om enige vorm van verkeerde dade aan die polisie te rapporteer; Om my verantwoordelikhede, wat saam met regte kom, na te kom en om 'n goeie landsburger te wees."
    
Hardus Botha

Gansbaai Primer se Nee vir Geweld

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles