Gansbai Gholfnuus

Gansbai Gholfnuus

Gansbaai Courant

Veels geluk aan Johan Hanekom met jou verjaarsdag op die 13e – ons wens jou ‘n pragtige nuwe lewensjaar toe.  Awie en Ria vd Merwe glimlag baie breed met die geboorte van hul kleindogter – nog ‘n vannermerwetjie om elke Vrydag aand te woel onder die pryse!  Baie geluk aan Oupa en Ouma.

Woensdag se Sloegterskompetisie is gewen deur George Hunt met 41 punte (borg: Hermanus Liquor Store), gevolg deur Royce Woods 41, Sextus Neethling 39, Steve Muller 39, Clive Baily 39, Leon Hattingh 39, Jakkie Beukes 38, Joe Cesare 38, Solly Wessels 37, Daan Victor 37, Marlene Davin 37, Rob Jerrard 36.  Naaste aan die penne was Rob Jerrard op no 2&11, June Rahn op no 8&17,  en Bev Swart op no 15.  Spog Twee’s word aangeteken deur Leon Hattingh (15) en Bev Swart (15).

Vrydag se kompetisie is gewen deur Johan Pieterse met 25 punte, gevolg deur Jakkie Beukes 23, Marlene Davin 23, Andre Roos 21, George Hunt 20. Johan Pieterse teken ‘n Arend aan op putjie no 6, en Paul Dippenaar teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 2.  Die ledetrekking was nie gewen nie en word oorgedra na volgende week.

Saterdag se kompetisie was die Maandelikse Houespel vir Maart en is geborg deur Kleinbaai Motors.  Die April Maandelikse Houespel word gespeel op Saterdag 20 April 2013.  Die komitee en lede bedank Sakkie van der Merwe vir hierdie maandelikse borg van die brandstof prys. 

George Hunt, wenner Maandelikse Houespel

Die wenner was George Hunt met 67 net, gevolg deur Solly Wessels 70, Clive Bailey 70, John Thompson 71, Paul Dippenaar 73, Daan Victor 75, Johan Coetzee 77, Steve Muller 78, Rob Jerrard 78.  Naaste aan die penne was Marius Swart op no 2&11, Paul Dippenaar op no 8&17 en Bev Swart op no 15 (borg: SuperSpar/Tops).


Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n Enkel Stableford en die Ligaspan speel teen Arabella op Gansbaai.  Ons hou duimvas, Ligaspan!


Klub/Club:  028 384 1441 Leon Hattingh & Andre Roos
Navrae/Enquiries:  082 878 0534 Johan Coetzee

Gansbai Gholfnuus

Johan Coetzee

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles