Birkenhead Bootklub Goeie vangstes

Birkenhead Bootklub Goeie vangstes

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News


Vlnr is Philip Fourie, Gawie Krugel van GG Krugel Konstruksie, 6 April se R500-borg en Johan Burmeister saam met Elna en Piet van Zyl wat saam met Philip wenners van die Aprilborgskap was.

Birkenhead Boothengelklub se hengelaars het 'n effens rowwe see aangedurf, maar dit het heel goed met hulle April Boothengelkompetisie gegaan. Vier bote het ingeskryf en ingeweeg, met 'n totale aantal bemanningslede van 13. Nege verskillende spesies is ingeweeg. Die totale aantal vis wat ingeweeg is, is 103 met 'n totale massa van 76.30kg, wat ‘n gemiddeld van 5.87kg per hengelaar beteken. Die volledige uitslae is soos volg: Swaarste vis, Piet van Zyl (Rooi stomp - 2.70kg); 2de Swaarste vis, Elna van Zyl (Rooi stomp - 2kg); Swaarste sak, Gawie Krugel (9.45kg); 2de Swaarste sak, Johan Burmeister (8.55kg); Swaarste bootgemiddeld, Nu Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (8.80kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Jay Bee 2 van Piet van Zyl (7.28kg); Dame Swaarste sak, Elna van Zyl (6.45kg).

Die 1ste 3 voorlopers vir 2013 in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (36.78kg), Jay Bee 2 van Piet van Zyl (29.98kg) en Relêks 2 van Jean Downing (25.95kg); Mans Visvangkampioene - Johan Burmeister (38.90kg), Gawie Krugel (35.85kg) en Piet van Zyl (31.45kg); Dames Visvangkampioen - Elna van Zyl (30.15kg). Die amptelike borg vir die April Boothengelkompetisie was Gawie Krugel van GG Krugel Konstruksie en Projekbestuur, wat by 079-497-4606 gekontak kan word. Die wenner vir die meeste spesies (5), geborg deur GG Krugel Konstruksie en Projekbestuur, is deur Philip Fourie ingepalm, met Piet en Elna van Zyl wat die grootste visse gevang het. Die aandfunksie het soos gewoonlik gesellig verloop, met smaaklike "sticky"-hoenderstukke en nagereg, asook Raymond Rabe se gratis Musiekfabriek vir lekker dans tot laatnag toe.

Algemene navrae rakende die Birkenhead Boothengelklub kan aan voorsitter Raymond Rabe by 082-928-0594 gerig word, met kompetisienavrae aan wedstrydsekretaris Johan Burmeister by 082-895-7647.

Hardus Botha


Piet en Elna van Zyl met hulle allemintige Rooi stompe wat hulle gevang het

Birkenhead Bootklub Goeie vangstes

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles