Seemeeu 2020

Seemeeu 2020

NG Kerk Gansbaai

NG GEMEENTE GANSBAAI IS BETROKKE BY VOEDSELVERSKAFFING TYDENS DIE COVID-19-PANDEMIE IN DIE GROTER GANSBAAIGEBIED

Sedert die aanbreek van die grendeltyd in Maart 2020 het ons gemeente omvangryk hulp verleen om voedsel in die Gansbaaistreke te verskaf en te versprei. Die plaaslike regering het ‘n Rampbestuur onder die leiding van Kat Myburgh saamgestel om onmiddellike voedselnood aan te spreek. Raadslede, amptenare en gemeenskapsleiers is ingespan om hierdie groot voedselprojek te bestuur. Die Rampbestuur bestaan uit koördineerders vir die onderskeie streke waarvan Francia van Dyk die koördineerder is vir Gansbaaidorp, De Kelders, Perlemoenbaai, Kleinbaai, Franskraal, Uilenkransmond.

Ons groter gemeenskap is versoek om betrokke te raak by skenkings en hulp aan die Rampbestuur en –fonds. Ons is oneindig dankbaar vir die deurlopende skenkings, aanmoediging, voorbidding en leierskap in hierdie verband. Omvangryke hulp kom van ons mense in die groter Gansbaai: sakelui, boere, kerke, inwoners, gemeenskapsinstellings en diensorganisasies . Ons kan nie anders as om die omvangryke betrokkenheid van ons gemeentelede te vermeld nie. Kerkraadslede, wykslede en amptenare is deel van die omvattende voedselverskaffing, -voorbereiding, -verspreiding en diens by die onderskeie sopkombuise  en aan talle individue en gesinne.

Veral tydens fase 5 en 4 van die grendeltyd is voedsel en kospakkies aan sowat 5000 inwoners verskaf; die sopkombuise het daagliks voorbereide voedsel verskaf. Die Rampbestuur het miljoene rand vanuit eie plaaslike begroting beskikbaar gestel om die voedselprojek te laat slaag. Vanaf fase 3 is die voedselprogram aangepas om net mense wat geen inkomste verdien nie, by te staan.

Ons het besondere  waardering vir die knap wyse waarop Kat Myburgh, Riana de Coning en hulle span, saam met ons inwoners, hierdie ramp in ons gemeenskappe bestuur. Namens ons gemeente bedank ons elkeen wat op een of ander wyse betrokke was en steeds is om ons gemeenskappe by te staan in seker een van die grootste en mees omvattende rampe van ons tyd. Dankie gemeente, vir elkeen van u wat Christus se liefde op talle praktiese wyses tydens hierdie ramp betoon het en steeds doen. Mag die Here u ryklik seën.

Seemeeu 2020

Deon Naude

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles