SD se John Birkenhead

SD se John Birkenhead

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

SD Fourie van Franskraal se radiodrama, John Birkenhead, word vanaand (18 April) om 20:00 oor RSG uitgesaai. Die radiodrama het betrekking op die stranding van die HMT Birkenhead wat op 26 Februarie 1852 by Danger Point gestrand het.

'n Deel van Gansbaai Leeskring se lede, met voor SD Fourie met die baba, John Berkenhead Hudson op haar skoot, saam met Annemarie du Plessis (voorsitter). Agter vlnr staan Sylvia le Roux, Piet en Annetjie Visagie en Vea Tredoux


Daar was 100 inskrywings vir RSG en Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie en SD het vroeër vanjaar met die 3de prys weggestap. "Onder gewone omstandighede is 'n radiodrama van 'n plaaslike skrywer nie groot nuus nie, maar dié een is nogal," vertel SD. "Sover ek kon vasstel is dit die eerste drama oor die stranding van die Birkenhead wat onder andere handel oor die feit dat daar drie babas op die gedoemde vaart gebore is." SD sê dié spesifieke baba, John Berkenhead Hudson, is na die HMT Birkenhead vernoem. 'n Direkte nasaat van die baba, Sue Wilson, haar eggenoot, Richard en hulle seun, Marc, het tydens 'n besoek (2005) aan die Strandveld museum 'n afskrif van die geboortesertifikaat aan die museum geskenk. Op die sertifikaat is die naam "Berkenhead" met 'n "e" gespel en nie met 'n "i" nie. "Ek het die naam vir my radiodrama maar liefs met 'n "i" gespel, anders dink mense ek kan nie spel nie!"

Tydens die 150ste herdenking van die tragiese gebeure, was Corrie Riddering vir die outentieke kostuums verantwoordelik. Ook dié van baba (pop) John Birkenhead. "Sue Wilson was nogal erg aangedaan om die pop, haar 'voorsaat', in haar arms te kon vashou," het SD gesê. Volgens SD was  die geboortesertifikaat die beginpunt van haar drama, John Birkenhead. SD het haarself al deeglik bewys as skrywer. Drie van haar vorige radiodramas wat oor RSG uitgesaai is, is Roep van die Potjieriet (2004 - 3de plek), Helderfontein (2010) en Droomskip (2008 - 1ste plek). Laasgenoemde is ook in die bundel Droomskip en ander radiodramas opgeneem, wat as voorgeskrewe werk vir hoërskole saamgestel is. Tydens Gansbaai Leeskring se onlangse byeenkoms, het SD as gasspreker opgetree en onder andere oor haar nuutste radiodrama, John Birkenhead, ook gepraat. Skakel gerus vanaand (18 April) om 20:00 in op RSG om na 'n uitsending van SD se radiodrama te luister.    

                   
Hardus Botha 

SD se John Birkenhead

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles