Besigheidsliga 2013

Besigheidsliga 2013

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Van links na regs is Melanie, Alec, JP, Freddie en spanbestuurder, Archie Chambers

Tydens die besigheidsliga van 2013 het 22 spanne oor ‘n aantal weke meegeding om 'n wenner te bepaal wat op 6 April 2013 in die finaal te Paarl teen spanne van ander dorpe sou gaan meeding.  Die standaard van spel was verbasend goed inagnemend dat die deelnemers nie gereeld oefen nie en slegs een keer per jaar deelneem.  Daar is beslis deelnemers wat oor die potensiaal beskik om gereelde spelers te word, maar dit is te verstane dat werks- en ander verpligtinge dit nie moontlik maak nie.  Daar kan egter reëlings getref word om belangstellendes op alternatiewe wyses te akkommodeer, maar dan sal iemand uit die geledere van die besighede die inisiatief moet neem om die Bestuur van die rolbalklub te nader. 

Daar is reeds gedagtes hieroor gewissel, maar dit moet nog tot uitvoering gebring word.

Die wenner van vanjaar se plaaslike kompetisie was Omega Ondernemings.  Die wenspan het daarna in die Paarl met vier spanne van elders afgereken en is vanjaar se Boland kampioen.  Franskraal Rolbalklub is trots op almal wat deelgeneem het, maar veral op Omega wat gewys het wat gedoen kan word asook wat 'n aangename sport rolbal eintlik is.  Die spanlede was Melanie, Alec, JP en Freddie en het onder die leiding van die spanbestuurder, Archie Chambers gestaan.

Dit kan ook nie nagelaat word om te noem dat die sukses van hierdie toernooi moontlik gemaak is deur die goeie organisasie deur die Visepresident van Franskraal Rolbalklub, Mattie Neethling en haar volgehoue aansporing van die deelnemers.

Pieter Conradie, President, Tel 028-384 1822 / 083-270 9384

Besigheidsliga 2013

Pieter Conradie, President

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles