Gansbaai Skitter in VSA

Gansbaai Skitter in VSA

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gerrit (Janes) Cloete ná sy vierde plek in 'n Amerikaanse halfmarathon.

Gansbaai, internasionaal bekend vir die walvisse en haaie aan sy kus, het onlangs om 'n heel ander rede in die VSA nuus gemaak. Die dorp se naam pryk in die vierde plek van die uitslae in 'n groot halfmarathon in die Amerikaanse staat Texas.
Gerrit Cloete (28) het hierdie prestasie behaal toe hy saam met 150 atlete van 19 state deelgeneem het aan 'n veeleisende boswedloop (trail run) oor 21,1 km by die Texoma-meer op die grens van Texas en Oklahoma. Gerrit, alom bekend as Janes, werk as ingenieur op 'n eiland in die Persiese Golf, maar beskou Gansbaai as huis. Sy pa, Gerrit Snr., is 'n afgetrede koerantredakteur en woon op Franskraal. Janes het dus as Gansbaaier vir die byeenkoms ingeskryf toe hy tydens sy vakansie in die VSA daaraan deelgeneem het. 

Asof die roete nie genoeg uitdagings gestel het nie, was die temperatuur tydens die wedloop op vriespunt, iets heeltemal vreemd vir iemand wat gewoond aan die Arabiese hitte is. 'n Universiteitsvriend van Janes wat in New York woon en werk, Wouter Myburgh, het elfde geëindig.

Janes het as leerling aan Paul Roos-Gimnasium op Stellenbosch aan veldlope begin deelneem. Daarna het hy 'n Matie geword en padwedlope aangepak. Hy het verskeie kere die Twee Oseane-halfmarathon voltooi (met 'n beste tyd van 1:18:24) en onder meer 'n goue medalje in die Danger Point-halfmarathon op Gansbaai verwerf. Sedert hy in die Verenigde Arabiese Emirate werk, het hy al daar en in die VSA meegeding. Later vanjaar wil hy in Namibië en Kenia gaan hardloop.

Gerrit Snr. sê hy is trots op sy seun, maar persoonlik verkies hy fietsry bo draf, "want dis baie makliker om te sit en oefen".


Gansbaai se naam pryk in die uitslae van die wedloop in die VSA.

Gansbaai Skitter in VSA

Xplorio

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles