VLV Gansbaai Kook Presteer Leer en Onthaal in styl met Leefstyl

VLV Gansbaai Kook Presteer Leer en Onthaal in styl met Leefstyl

Gansbaai Courant

Konferensie trofeewenners vlnr: Betsie Bester, Vera Swart, Esmé van Dewenter, Rienie Lüdick, Elizabeth Muller en Ronel de Villiers.

Die op en wakker gasvroue van Leefstyl het gesorg vir ‘n vergadering van verskeidenheid wat baie byval gevind het by almal.  Miempie du Plessis, sameroeper, het ‘n vasvra oor die ingewikkelde name en oorsprong van bekende geregte gehou. Dames het kopgekrap oor Pita, Pavlova, Ganache ens, maar Miempie het ‘n antwoord op alles gehad.

Vera Swart het ‘n treffende tafel gedek en aan lede bewys dat dit nie noodwendig ‘n duur onderneming is om gaste aan ‘n  mooi tafel te onthaal nie. Papier tafelmatjies, handgeskrewe plekname en eenvoudige enkel blomme in interessante houers kan ‘n groot verskil maak.

Die voorsitter, Rienie Ludick, het die dames aangemoedig om Sirkel Overberg se inligtingsdag op 21 Mei by Jongensklip by te woon en ook deel te hê aan ons plaaslike Wêreld Stapdag vir Vroue op 29 April om 10h00 vanaf Kleinbaai se hawe.  Belangstellendes kan haar skakel vir meer inligting oor beide die geleenthede.

Die VLV hou ‘n baie gesellige Internasionale aand op 7 Mei 2013 om 19:00 in die Pretoriussaal.  Dit is ‘n wonderlike geleentheid om  tien verskillende lande se tradisionele kos te proe vir die skamele bedrag van R50 p/p.  Gaste word gevra om slegs eie drankies en glase te bring. 

Kaartjies is beskikbaar by Rienie Ludick. Tel: 0283841170 of Sel: 0814338248.

Gansbaai se VLV het besonder goed presteer in die landwye Huletts Kompetisie.  Drie plaaslike inskrywings was die wenners in Sirkel Overberg en gaan nou deur na die finale beoordeling in Pretoria. Die wenners was  Esmé van Dewenter se suurlemoensmeer en mosterdgroente en Rienie Ludick se suurlemoenstroop. Baie geluk aan dié dames.

Deelname aan die plaaslike kompetisies is steeds baie goed.

Die uitslae is soos volg:

Kookkuns: 1.Francette Cillié-Malan; 2.Betsie Bester; 3.Rienie Ludick.

Mikrogolf: 1.Betsie Bester; 2.Marie van der Merwe;  3.Rienie Ludick.

Lekkers: 1.Betsie Bester;  2.Marie van der Merwe.

Naaldwerk: 1.Elizabeth Muller; 2.Betsie Bester;  3.Rienie Ludick.

Tuiswerk: 1.Mary Badenhorst; 2.Amanda de Vries; 3.Elizabeth Muller.

Breiwerk: 1.Betsie Bester.

Hekelwerk: 1.Rienie Ludick;  2.Betsie Bester.  

Tossie Nortje het ter afsluiting  met Adam Small se Oppie Parade die dames oortuig lag is goed vir die siel, hou jou gesond en is verniet.  Die verskillende slaaie met resepte by die teetafel was ‘n wenresep vir ‘n suksesvolle middag.  Die volgende vergadering – Opvoeding en Kultuur -  is 4 Junie om 15:00 in die Pretoriussaal.  Betsie Bester is die sameroeper.                           

Miempie du Plessis besig met haar vasvra.
 

VLV Gansbaai Kook Presteer Leer en Onthaal in styl met Leefstyl

Xplorio

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles