VLV Gansbaai Kook Presteer Leer en Onthaal in styl met Leefstyl

VLV Gansbaai Kook Presteer Leer en Onthaal in styl met Leefstyl

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Konferensie trofeewenners vlnr: Betsie Bester, Vera Swart, Esmé van Dewenter, Rienie Lüdick, Elizabeth Muller en Ronel de Villiers.

Die op en wakker gasvroue van Leefstyl het gesorg vir ‘n vergadering van verskeidenheid wat baie byval gevind het by almal.  Miempie du Plessis, sameroeper, het ‘n vasvra oor die ingewikkelde name en oorsprong van bekende geregte gehou. Dames het kopgekrap oor Pita, Pavlova, Ganache ens, maar Miempie het ‘n antwoord op alles gehad.

Vera Swart het ‘n treffende tafel gedek en aan lede bewys dat dit nie noodwendig ‘n duur onderneming is om gaste aan ‘n  mooi tafel te onthaal nie. Papier tafelmatjies, handgeskrewe plekname en eenvoudige enkel blomme in interessante houers kan ‘n groot verskil maak.

Die voorsitter, Rienie Ludick, het die dames aangemoedig om Sirkel Overberg se inligtingsdag op 21 Mei by Jongensklip by te woon en ook deel te hê aan ons plaaslike Wêreld Stapdag vir Vroue op 29 April om 10h00 vanaf Kleinbaai se hawe.  Belangstellendes kan haar skakel vir meer inligting oor beide die geleenthede.

Die VLV hou ‘n baie gesellige Internasionale aand op 7 Mei 2013 om 19:00 in die Pretoriussaal.  Dit is ‘n wonderlike geleentheid om  tien verskillende lande se tradisionele kos te proe vir die skamele bedrag van R50 p/p.  Gaste word gevra om slegs eie drankies en glase te bring. 

Kaartjies is beskikbaar by Rienie Ludick. Tel: 0283841170 of Sel: 0814338248.

Gansbaai se VLV het besonder goed presteer in die landwye Huletts Kompetisie.  Drie plaaslike inskrywings was die wenners in Sirkel Overberg en gaan nou deur na die finale beoordeling in Pretoria. Die wenners was  Esmé van Dewenter se suurlemoensmeer en mosterdgroente en Rienie Ludick se suurlemoenstroop. Baie geluk aan dié dames.

Deelname aan die plaaslike kompetisies is steeds baie goed.

Die uitslae is soos volg:

Kookkuns: 1.Francette Cillié-Malan; 2.Betsie Bester; 3.Rienie Ludick.

Mikrogolf: 1.Betsie Bester; 2.Marie van der Merwe;  3.Rienie Ludick.

Lekkers: 1.Betsie Bester;  2.Marie van der Merwe.

Naaldwerk: 1.Elizabeth Muller; 2.Betsie Bester;  3.Rienie Ludick.

Tuiswerk: 1.Mary Badenhorst; 2.Amanda de Vries; 3.Elizabeth Muller.

Breiwerk: 1.Betsie Bester.

Hekelwerk: 1.Rienie Ludick;  2.Betsie Bester.  

Tossie Nortje het ter afsluiting  met Adam Small se Oppie Parade die dames oortuig lag is goed vir die siel, hou jou gesond en is verniet.  Die verskillende slaaie met resepte by die teetafel was ‘n wenresep vir ‘n suksesvolle middag.  Die volgende vergadering – Opvoeding en Kultuur -  is 4 Junie om 15:00 in die Pretoriussaal.  Betsie Bester is die sameroeper.                           

Miempie du Plessis besig met haar vasvra.
 

VLV Gansbaai Kook Presteer Leer en Onthaal in styl met Leefstyl

Xplorio

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles