Stanford SAPD se Nuwe Aanstellings

Stanford SAPD se Nuwe Aanstellings

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Twee nuwe aanstellings by Stanford SAPD, met links Kaptein Africa as Stasiebevelvoerder en Adjudant-offisier Sarena Hugo as die stasie se Kommunikasie-offisier

Kaptein Africa is met ingang van 1 April 2013 as Stanford SADP se nuwe Stasiebevelvoerder aangestel. Kapt Africa het tot voor sy permanente aanstelling as Stasiebevelvoerder waargeneem. Kapt Africa beskou volgende jaar as 'n hoogtepunt vir hom, aangesien hy vir 'n Honneursgraad in Polisie Praktyk ingeskryf het. Sy hoofdoelwitte vir 2013 is om, sover moontlik, alle vorme van misdaad met wortel en tak uit te roei, maar meer spesifiek misdade soos huisbraak, korrupsie en die vlaag van dwelmhandel.

'n Tweede belangrike aanstelling is dié van Adjudant-offisier Sarena Hugo wat as Kommunikasie-offisier aangestel is. Soos in Kapt Africa se geval, is AO Hugo ook ‘n ervare polisievrou wat al 'n groot verskeidenheid van ampte in die polisiediens bekleë het en is reeds sedert 1999 te Stanford SAPD. In Nelspruit, Mpumalanga, het sy in die Moord en Roofeenheid diens gedoen. Daar het sy opleiding in onder andere ondersoekende psigologie, forensies, verkragting, moord, kindermolestering en vele meer deurloop. Sy het ook gevorderde opleiding van dr Mickey Pistorius ontvang rakende die profiele van reeks-moordenaars. Sedert haar oorplasing na Hermanus en later na Stanford (waar-voor sy 'n groot liefde het), het sy haar onder andere op die Slagoffer Onder-steunings Sentrum, huishoudelike geweld en die monitering van gevangenes wat op parool vrygelaat is, toegespits. Een van haar doelwitte is om, met die samewerking van die gemeenskap, 'n huis vir vroue en kinders te stig. Ongeag al die "geharde" polisie-ervaring en -kennis, is AO Hugo 'n sagte familiemens vir haar twee seuns, haar dogter en ook kleinseun. Haar stokperdjies is ook die teenoorgestelde van die harde lewe van polisievrou, naamlik voëlkyk, bietjie skilder en die maak van versierde "aspoestertjie- en babaskoentjies". 'n Onlangse mediavrystelling lui soos volg: "Die kombinasie van Kapt Africa, AO Hugo en die res van die personeel, vorm 'n sterk teenmisdaad-span. Misdadigers - julle is gewaarsku!"    
 
Hardus Botha 

Stanford SAPD se Nuwe Aanstellings

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles