Op 98 nog vol breikrag

Op 98 nog vol breikrag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dalene Nieuwoudt van Kleinbaai is nog pure vuur en vlam waar dit by breiwerk kom, ondanks die feit dat sy vanjaar 99 jaar oud sal wees. Sy is op 4 November 1914 in Hanover, Karoo gebore, waar sy ook grootgeword het.

Die 98-jarige Dalene Nieuwoudt met enkele gebreide items

Sy en haar oorlede eggenoot, Tielman, het vir etlike jare in Mosselbaai gewoon, maar ná sy heengaan sowat 2 jaar gelede het sy by haar dogter, Charlene en dié se eggenoot, Nico le Roux, in Kleinbaai kom woon. "My ma brei al baie jare lank vir basaars, mens kan byna sê sy brei van basaar na basaar," vertel Charlene. Vanjaar is dit weer die NG-gemeente se basaar se beurt, maar Dalene het alreeds vir Herberg-aan-See se basaar in September vanjaar ook begin brei. "Ons is dankbaar dat sy nog daartoe in staat is, aangesien die handwerktafels van basaars deesdae redelik swaarkry omdat mense nie meer geneig is om hierdie tipe van handwerk te doen nie." Behalwe vir 'n gehoorprobleem, verkeer Dalene steeds in uitstekende gesondheid en sy is ook baie lief vir lees. Nou is die pragtige gebreide poppies, babaskoentjies, borslappies en veel meer op pad na die handwerktafel van die NG-gemeente se basaar eerskomende Saterdag, 27 April om 09:00.            
                                                    
Hardus Botha

Op 98 nog vol breikrag

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles