11 Kinders 56 tot 75 jaar

11 Kinders 56 tot 75 jaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Swart-gesin se 5 broers, met vlnr (jongste na oudste) Kosie, Loek, Dan, Coenie en Pieter (Boetie)

Dit wil gedoen wees: 11 kinders tussen die ouderdomme 56 en 75 jaar en almal is nog springlewendig. Dan ruim hulle ook nog een keer per jaar tyd in om almal vir 'n gesellige braai en behoorlike saamkuiergeleentheid bymekaar uit te kom.

Die groep se ouers was wyle Danie en Hester Swart van die plaas Sandvliet naby Caledon, waar die kinders ook grootgeword het. Die 11 kinders, van jongste na oudste, is Kosie, Coba, Loek, Dan, Rina, Nellie, Hettie, Sannie, Coenie, Johanna en Pieter (Boetie). Swaers en skoonsusters wat nog in die lewe is, is Dennis, Gerrit, Anna, Jossie, Hannie en Sanna. Twee van die susters, Hettie en Sannie, woon in Gansbaai en heel onlangs het vier van die kinders en 'n vriendin hier by hulle kom kuier. Johanna, Coenie, Loekie en Anna, asook 'n vriendin, Emmie, het in De Kelders kom vakansie hou en heerlik saam met die twee Gansbaai susters gekuier. Daar is glo elke aand op die stoep gesit en na die pragtige sonsondergange gekyk, met natuurlik 'n ou "sundownertjie" in die hand, terwyl daar onophoudelik gesels is.

Die Swart-gesin se 6 susters, met vlnr (jongste na oudste) Coba, Rina, Nellie, Hettie, Sannie en Johanna.

Coba het kort, maar karakter-beskrywende rympies oor elke kind geskryf, wat sy aan hulle Ouboet, Pieter (Boetie) met sy 70ste verjaardag opgedra het. Om al elf aan te haal, is te veel, maar enkele voorbeelde lui: "Boetie is nou 70 jaar oud, maar nog baie ver van koud. Oupagrootjie of te not, hy laat nog jong bome bot!"; "Coenie is nog steeds die ware heer wat jong bokkies met gemak aankeer. Hy dra sy jare baie goed, want hy moet kan byhou by die jong bloed!"; "Koos is die jongste en vat sy tyd om die 50 merk te bereik. Hy's 'n klein ondeug en stout, want hy is mos nog nie oud!"

En aan die twee Gansbaaiers?: "Sannie sit graag lipstiffie aan, veral as sy êrens heen gaan. Dan trek jy haar deur 'n ring en mag die honde nie teen haar spring!"; "Hettie se hande moet altyd besig bly, werk kan haar nooit onder kry. Koekies bak, was en stryk, dan sal sy nie eens moeg lyk!"

Hardus Botha

11 Kinders 56 tot 75 jaar

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles