Kaperjolle op see

Kaperjolle op see

Gansbaai Courant

Johan Bauermeister (links) en Gawie Krugel by Nu-Nu, met van die geelsterte wat hulle by die Punt aangekeer het. ‘n Paar skipjacks is ook gevang.

Die galjoen wat nou gevang word is baie mooi, maar dié word eers teen so Julie-maand roostervet, maar wie gaan kla? Die groot nuus is die geelstert wat in groot skole by die Eiland gesig wys. Indien jy dink dis net vir gaan haal maak jy ‘n groot fout. Sellfs die ouens wat ken van sukkel soms om die vis gevang te kry en dit sal loon om eers te gaan kers opsteek by hierdie manne om vas te stel hoe dinge gedoen moet word. Die kwaai strome help ook nie.

Tussen die groot jag is daar ook bietjie lag. Piet van Zyl en vroutjie Elna was met hulle boot op see toe Piet ‘n roofvoël (skua) bo sy kop gewaar. Meeste mense is bewus daarvan dat hierdie voëls ‘n aasvis so in die vlieg uit jou hand sal pik. Maar Piet het nie ‘n aasvis as aanlokmiddel gehad nie en Elna het later gesê hy moet hom by die stuurdery bepaal. En dis net tóé dat die voël besluit dis tyd  -- hy duik netjies op Piet se kop af en steel sy kep van sy kop af. So maklik, dink Piet gee hy nie sy geliefde kepsie af nie en sit die seevoël agterna. Verniet! Toe hy hom bereik is die keppie al versadig en grond toe. Intussen het ek en van my bemanning ook dieselfde ding oorgekom, behalwe dat keppie se kind vasgemaak is en nog veilig in my besit is.

Brandon Groenewald met ‘n snoekie en ‘n geelstert. Eddie Kalbas, skipper van Black Label, kon spog met ‘n goeie vangs.

(Hy soek perdalks ‘n beter kwaliteit hoofbedekking!!). Ek wonder nou of dit dalk dieselfde voël is wat hierdie gewoonte aangeleer het. Piet weier om hom ‘n seevoël te noem en sê dis ‘n skollie!  Eldo Marais weer, moes die band met die “gaff” haak toe hulle Kleinbaaihawe inkom. Die stroom was bietjie sterk en (wel, dit wás sy linkerarm) Eldo kon nie sterk genoeg klou nie.  Die “gaff” trek hom toe oor die kant van die boot en was dit nie dat die bemanning hom aan die stukkie lyf nog in die boot, beetgekry het nie, het hy nou nog geswem. Boonop wou die dame in beheer daar, ook in die gees vasgevang, hom ‘n kaartjie uitskryf vir “ongemagtigde swem in die hawege-bied”. Eina! Geniet die see. Groete,

Seemeeu

Kaperjolle op see

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles