Kaperjolle op see

Kaperjolle op see

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Johan Bauermeister (links) en Gawie Krugel by Nu-Nu, met van die geelsterte wat hulle by die Punt aangekeer het. ‘n Paar skipjacks is ook gevang.

Die galjoen wat nou gevang word is baie mooi, maar dié word eers teen so Julie-maand roostervet, maar wie gaan kla? Die groot nuus is die geelstert wat in groot skole by die Eiland gesig wys. Indien jy dink dis net vir gaan haal maak jy ‘n groot fout. Sellfs die ouens wat ken van sukkel soms om die vis gevang te kry en dit sal loon om eers te gaan kers opsteek by hierdie manne om vas te stel hoe dinge gedoen moet word. Die kwaai strome help ook nie.

Tussen die groot jag is daar ook bietjie lag. Piet van Zyl en vroutjie Elna was met hulle boot op see toe Piet ‘n roofvoël (skua) bo sy kop gewaar. Meeste mense is bewus daarvan dat hierdie voëls ‘n aasvis so in die vlieg uit jou hand sal pik. Maar Piet het nie ‘n aasvis as aanlokmiddel gehad nie en Elna het later gesê hy moet hom by die stuurdery bepaal. En dis net tóé dat die voël besluit dis tyd  -- hy duik netjies op Piet se kop af en steel sy kep van sy kop af. So maklik, dink Piet gee hy nie sy geliefde kepsie af nie en sit die seevoël agterna. Verniet! Toe hy hom bereik is die keppie al versadig en grond toe. Intussen het ek en van my bemanning ook dieselfde ding oorgekom, behalwe dat keppie se kind vasgemaak is en nog veilig in my besit is.

Brandon Groenewald met ‘n snoekie en ‘n geelstert. Eddie Kalbas, skipper van Black Label, kon spog met ‘n goeie vangs.

(Hy soek perdalks ‘n beter kwaliteit hoofbedekking!!). Ek wonder nou of dit dalk dieselfde voël is wat hierdie gewoonte aangeleer het. Piet weier om hom ‘n seevoël te noem en sê dis ‘n skollie!  Eldo Marais weer, moes die band met die “gaff” haak toe hulle Kleinbaaihawe inkom. Die stroom was bietjie sterk en (wel, dit wás sy linkerarm) Eldo kon nie sterk genoeg klou nie.  Die “gaff” trek hom toe oor die kant van die boot en was dit nie dat die bemanning hom aan die stukkie lyf nog in die boot, beetgekry het nie, het hy nou nog geswem. Boonop wou die dame in beheer daar, ook in die gees vasgevang, hom ‘n kaartjie uitskryf vir “ongemagtigde swem in die hawege-bied”. Eina! Geniet die see. Groete,

Seemeeu

Kaperjolle op see

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles