Black Leaves steier teen Ceres

Black Leaves steier teen Ceres

Gansbaai Courant

Ook Ceres het die Baai verlaat met vyf ligapunte verlede Saterdag in ‘n Premierligawedstryd tussen die twee spanne.

Die eindtelling was 14-37 teen Black Leaves nadat Ceres reeds met rustyd 34-14 voorgteloop het. Met die wind taamlik in Ceres se guns het hulle die Baai behoorlik gepeper met lang kantlynskoppe en vasgepen in hul eie area.

Ceres het gou munt geslaan uit hul groter agttal en Gansbaai  daardeur in trurat gehou. Dit was veral in hierdie fasset waar Ceres die Baaienaars laat bontstaan het, en die gate het oopgegaan vir die eerste doel vir Ceres (0-7). Toe Ceres sien hoe vroeg en maklik hulle deur Black Leaves se verdediging kom het hulle dominerend opgetree.

Met al die gebiedsvoordeel het Ceres die bal behoorlik laat werk en al ses sy drieë in die eerste helfte gedruk. Black Leaves het egter tot die bitter einde geveg en is wel beloon met twee doele deur flank, Brendan Viegeland, en losskakel, Jamery Carelse, 1 elk, wat albei deur Jamery verdoel is. O, Ja, die telling moes dalk nie so groot gewees het nie, kleiner. Gee iemand dan die skuld daarvoor en noem die naam sommer verbroude kanse, in die eerste helfte.

In die tweede helfte was die Baai ‘n ander span maar die besoekers het hul verdedigingsstrukture gehou en die Baai kon net nie deurbreek nie. Ceres behaal die enigste en laaste drie punte in die tweede helfte. Ten spyte van die eindtelling was die tweede helfte ‘n fassinerende stryd tot die einde toe.

Vir Black Leaves van Gansbaai en sy stoere ondersteuners hoef dit nie die einde van die wêreld te wees nie. Maar hierdie twee dragte slae behoort nou dissipline en konserwateit tot gevolg hê om met ondernemende spel na vore te kom. Black Leaves daag nog nie op met ‘n gevestigde karaktervolle vyftiental wat op almal se lippe is soos vroeër nie.

Met ‘n loslooitjie komende Saterdag (27 April) en daarna  weg-wedstryde teen Villiersdorp, Worcester en Wellington, wat nie maklik sal wees nie, moet die kritici nou verkeerd bewys word sodat Black Leaves se volgende tuiswedstryd (18 Mei) teen Hawston ‘n groot trekpleister sal wees vir die dorp.

Die uwe wil graag die gedragskode vir toeskouers, ‘n aanhangsel  uit Effektiewe Klubbestuur, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Rugby Voetbal Unie, voorhou.

• Gee erkenning aan goeie spel of prestasie.
• Respekteer die skeidsregter se optredes.
• Wees altyd positief in jou raad, aanmoediging en ondersteuning.
• Respekteer die spel en betoon goeie sportmanskap. Onthou, jy is ook besig om die sport te bemark.
• Moedig spelers aan om by die reëls te hou. Moedig goeie sportmanskap aan.
• Ontmoedig enige vorm van ontoelaatbare spel.
• Toon goeie sosiale aanvaarbare gedrag deur te let op jou taalgebruik.
• Respekteer die regte van ander mense en behandel hulle soos jy graag behandel wil word.
• Respekteer die fasiliteite en toerusting wat voorsien word.
• Moet nie net ‘n toeskouer wees nie, maar word deel van die klub se ontwikkeling en visie.

Die fokus sal ook van hier af meermaals op Black Leaves se derde en tweede span geplaas wees vir dekking in die Gansbaai Courant.
                                 
So sê Bra “G”

Black Leaves steier teen Ceres

Bra G

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles