Advent 2020: Derde Sondag

Advent 2020: Derde Sondag

NG Kerk Gansbaai

Advent 2020: Derde Sondag

JESAJA 61: 1-11

Vandag is die Derde Sondag van Advent. Die Sondag van Vreugde. In sommige Christelike tradisies word daar gevas tot en met Kersfees en hierdie Sondag (met die aansteek van die ligpienk kers) word gelowiges herinner die vreugde van die Fees is amper hier.

Ons lees in Jesaja 61:11 “Ja, soos die grond sy plante voortbring en ‘n tuin sy saailinge laat uitspruit, so sal my Heer, die HERE geregtigheid en lof laat uitspruit voor al die nasies” (2020 vertaling). Die Bybel is vol van taal wat God die bron van lewe maak. Hier is Hy die bron van geregtigheid en lof. ‘n Bron, ‘n lewendmakende krag wat nooit ophou nie, wat aanhou oorvloei. In vers 8 getuig God “Ek het geregtigheid lief” (I am the lover of justice). Dit is die geregtigheid wat Hy laat uitspruit. In die Ou Testament is geregtigheid die dade van herstel van onreg, die onreg wat God haat (vers 8). Ook in die Advent omring met mediaberigte oor onreg, diefstal, korrupsie, geweld en die vernietiging van menselewens smag ons na die God wat die reg liefhet. Ons moet egter ook onthou dat ons as sy Kerk dan ook moet optree as liefhebbers van geregtigheid en praat teen onreg en werk vir herstel orals in ons samelewing.

God is egter nie net die bron van geregtigheid nie maar ook die bron van lof. In die na-ballingskap wêreld van Jesaja was daar net puinhope en wanhoop. As God die bron van lof is vind ons altyd vreugde in Hom en nie in omstandighede nie. Die Nederlandse geloofsbelydenis Artikel 1 bely dat God die alleroorvloedigste bron van goedheid is en Calvyn het geskryf: “We should be satisfied with the benefits of our Lord Jesus Christ, when we are grafted into his body we are assured He is the fountain that never dries up, never exhausted, in Him we have the variety of good things.”

Ons vind vreugde in die Bron van lewe, in wie ons ingedoop is. Johannes 1:16 getuig oor die “Bron” wat mens geword het: “Uit sy volheid het ons almal genade ontvang - ja, genade op genade”. Ons vind vreugde in die oorlopenstoevol goedheid van God wat Homself kom gee het aan ons met die geboorte van Jesus.

Advent 2020: Derde Sondag

Dr Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gans-Berg Nuus / News - 10 July 2026

Gans-Berg Nuus / News - 10 July 2026

The latest Gans-Berg Nuus / News is here!

Gans-Berg Nuus / News
Support BARC Every Time You Shop at Woolworths

Support BARC Every Time You Shop at Woolworths

Since 30 June 2026, the MySchool and WRewards programmes have merged to create Woolworths MyDifference.

BARC Animal Welfare
The Moment Anger Begins to Lose Its Power

The Moment Anger Begins to Lose Its Power

There comes a moment in every healing journey when we realise that waiting for other people to change is keeping us trapped.

Overstrand Tourism Diary: 8 - 12 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 8 - 12 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
A Poem Comes Home

A Poem Comes Home

This week, Siphokazi Jonas, author and poet who wrote a beautiful fynbos poem for the Grootbos Foundation last year...

Grootbos Foundation
FlexCare Pets Available at The Pet Grocer, Gansbaai

FlexCare Pets Available at The Pet Grocer, Gansbaai

We're excited to announce that FlexCare Pets is now available at The Pet Grocer in Gansbaai!

The Pet Grocer
See All Articles