Seemeeu Desember 2020: Die Bybel in mooi Afrikaans

Seemeeu Desember 2020: Die Bybel in mooi Afrikaans

NG Kerk Gansbaai

Seemeeu Desember 2020: Die Bybel in mooi Afrikaans

Die 2020 vertaling van die Bybel in Afrikaans is einde November bekendgestel. Hierdie was die produk van 15 jaar se harde werk. Hoekom dan ‘n nuwe vertaling in Afrikaans? Die agtergrondverhaal van die vertaling is dat die Bybelgenootskap in 2004 genader is, deur kerke in Suid-Afrika wat die Afrikaanse Bybel gebruik, om ‘n nuwe vertaling voor te berei. Hierdie versoek deur verskeie kerke is dan ook in 2005 deur die Nasionale Raad van die Bybelgenootskap aanvaar en daar was oorspronklik ‘n tien- jaar tydperk hiervoor uitgesit. Die vertaal-opdrag was dan ook as volg uiteengesit: “Skep ‘n goed verstaanbare, bronteksgeoriënteerde Afrikaanse vertaling van die Bybel wat geskik is vir voorlesing en gebruik in eredienste, asook vir kategese, by-belstudie en persoonlike gebruik.” Hierdie vertaling moet verder ‘n getroue weergawe van die bronteks wees, wat dan beelde, metafore, styl en struktuur sover moontlik behou. In ‘n neutedop is die vertaling gebaseer op die beste brontekste tot ons be-skikking, so brongetrou as moontlik maar met ‘n bonus dat ‘n groot deel van die ver-taalspan ook bestaan het uit letterkundiges (digters en skrywers), want teoloë en brontaalkenners (Grieks en Hebreeus) is mos nou nie noodwendig goed met Afrikaans nie. Die Afrikaans kundiges het gehelp om ‘n keurige vertaling voor te berei.

Die Bybel in mooi Afrikaans wat ons glo vir elkeen die vreugde sal bied van ‘n amperse nuut ontdekking van God se Woord.

 

Seemeeu Desember 2020: Die Bybel in mooi Afrikaans

Dr Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles