Seemeeu Desember 2020: Sit die kersliggies vroeg aan

Seemeeu Desember 2020: Sit die kersliggies vroeg aan

NG Kerk Gansbaai

Seemeeu Desember 2020: Sit die kersliggies vroeg aan

Ek kla, soos baie ander, elke jaar as die kersversierings reeds in Oktober in die winkels begin vertoon. "Kersfees gaan net oor geld," kla ek saam. Ten spyte van my gekla en betoog kan ek nie wegkom daarvan dat al die versierings die kersgevoel by my los nie. Ek kyk met afwagting vorentoe na ons familie- en vriende kuiers, na rus, na herstel. Ten spyte van my protes teen kommersialisering (wat ek steeds as geldig ag) maak dit tog my gemoed bietjie ligter. Is ek bietjie minder iesegrimmig met die persoon wat voor my inry in die parkeerarea. Ek is minder kortaf met die kassiere oor die lang wag in die ry. So gaan die lysie aan van die situasies waar ek eenvoudig sagter leef. Kerstyd is 'n tyd waar ons dikwels, al is dit net tydelik, die strydbyle begrawe. Ons omhels, ons trek in, ons omarm. Nou wonder ek of dit nie dalk hierdie jaar juis nodig is dat ons die kersliggies vroeg uit-haal nie. Ons is almal vodde. Het ons nie juis hierdie jaar dit nodig dat die Kersgevoel vroeg kom nie? Het ons nie hierdie jaar nodig dat mense sagter teenoor ons leef en ons sagter teenoor hulle nie? Ons het nie die geskenke (daarvoor is daar in elk geval hierdie jaar nie geld nie) of die liggies nodig nie, maar wel dit wat die liggies by ons losmaak: sagmoedigheid, barmhartigheid, om vrede te maak. Dit is natuurlik konsepte wat niks vreemd is aan die evangelie nie. In Matteus 5 is hierdie eienskappe onder andere deel van Jesus se saligsprekinge kern-eienskappe in die koninkryk van God.

Ek sien ook iets van hierdie Kersgevoel wat ons elke jaar kry, reg aan die begin van Lukas waar gewone skaapwagters,op 'n gewone aand, dalk die eerste kersliggies sien as "die hemelse glans van die Here wat rondom hulle skyn" (Lukas 2:9 DV). Dit is hier waar die engelekoor die hart van Kersfees uitbasuin: "Eer aan God in die hoogste, en vrede op aarde vir die mense in wie God 'n welbehae het." (Lukas 2:14 DV)

Is dit nie waarna ons hierdie jaar by uit-stek smag nie: Vrede op aarde; minder spanning; minder vrees; minder baklei. So dalk moet ons dié jaar die kersliggies bietjie vroeër opsit. Dit is natuurlik nie veronderstel om vir ons as gelowiges 'n gevoel te wees wat net een keer per jaar kom nie. Dit waarvoor Kersfees staan - dit waarvan die engele sing - staan aan die hart van die evangelie en dus moet dit aan die hart van elke gelowige se lewe staan. Ons weet egter ons sukkel daar-mee, dit kom dikwels maar min na vore, so dalk kan ons hierdie jaar net 'n klein treetjie gee en die liggies bietjie vroeër opsit.

Seemeeu Desember 2020: Sit die kersliggies vroeg aan

Ds Hanri Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Where Ideas Become Opportunity

Where Ideas Become Opportunity

Grootbos Foundation's update this week is short but full of delightful highlights.

Grootbos Foundation
Outgrow What’s Holding You Back

Outgrow What’s Holding You Back

You’re constantly second-guessing yourself at work.

Golf Competition Results for 8 - 11 April 2026

Golf Competition Results for 8 - 11 April 2026

Golf Competition Results for 8 - 11 April 2026.

Gansbaai Golf Club
When You Work With a Narcissist

When You Work With a Narcissist

You start to question yourself.

SASSI Sustainable Seafood in Gansbaai

SASSI Sustainable Seafood in Gansbaai

At The Great White House, we are conscious of the seafood we serve...

Great White House
Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Check out our easter newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles