Seemeeu Desember 2020: Maria en ons Godsbeeld

Seemeeu Desember 2020: Maria en ons Godsbeeld

NG Kerk Gansbaai

Seemeeu Desember 2020: Maria en ons Godsbeeld

Maria help ons om oor God te praat. Sy herinner ons dat God kies. Dat Hy altyd die inisiatief neem. Min karakters in die Bybel het hulle daarop voorberei om gekies te word, hulle was verras.

Maria ook, veral toe sy as begenadig beskryf is. Maria se swangerskap en die geboorte van Jesus herinner ons aan die misterie van God se menswording. God het Homself in Maria se baarmoeder laat omsluit. Jesus is deur ‘n vrou in die wêreld ingebore. Dit is die inkarnasie en verwek-king van Jesus in Maria waar God se grootheid lê. Ons verstaan haar verhaal in die lig van menige vroue in die Bybel aan wie God kinders geskenk het: Sara, Rebekka, Simson se ma, Hanna en Elisabet.

Maria se reaksie op hierdie ingryping is ‘n loflied wat sterk profeties is, want dit herinner ons hoe God is. God keer dinge op sy kop. Die minste is nou die belang-rikste, die geringes word verhef en ons weet die laastes is nou eerste. Die randfigure word ingenooi en be-vestig. Die liggaamlike staan sentraal in die verhaal van Maria en haar Kind. Nie net die liggaamlike van die idee dat die Woord vlees geword het nie, maar ook vroue se liggame. Die interpre-tasiegeskiedenis leer ons dat die verhaal gebruik is om maagdelikheid te verhef en liggaamlikheid en seksualiteit te demoniseer. Hoekom? Omdat dit aanstoot gee. Liggaam en sonde was nou gebind  in die verbeelding van die kerk. Jesus moes los-breek. Is dit tog nie juis dat God te midde van ons sondigheid mens geword het nie. God se manier blyk nie altyd in te pas nie, maar daarom word ons genooi om grense te verskuif. Nie net hoe ons oor God dink nie, maar ook ons roeping en ons liggame.

Bron: Mosaïek van Maria Miriam van Nasaret. Ingeweef in God se verhaal. Geskryf deur Lisel Joubert.

Seemeeu Desember 2020: Maria en ons Godsbeeld

Dr Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles