Vanuit die Gansbaai Sakekamer

Vanuit die Gansbaai Sakekamer

Gansbaai Courant

Die pas verkose bestuur, vlnr: Fanie Bothma, Rene Beukes, DJ Heyns, Glenda Kitley, Ben Gericke, Jan Lutzeyer en Harry de Jager (inlas)

Die Gansbaai Sakekamer het op 16 April sy amptelike besigheidsjaar afgesluit en ook afgeskop vir die volgende 12 maande.  Tydens die algemene Jaarvergadering van die Sakekamer is die wenners in die voortreflike dienskompetisie oor die afgelope besigheidsjaar aangewys. Hierdie kompetisie word reeds vir die afgelope paar jaar bedryf ten einde mense aan te moedig om diens van uitstaande gehalte te lewer aan die publiek.  Anders as in die verlede het nie net die algehele wenner ‘n prys ontvang nie, maar ook die naaswenners in die 2de en 3de plek. Die pryse is geborg deur Kaapse Verbruikers.

Die algehele wenner in die kompetisie was Bennie van Eeden met ‘n prysgeld van R2500.00.  In die 2de plek was Marelize Hanekom met ‘n prysgeld van R1500.00, terwyl Riaan Buys in die 3de plek was met R1000.00.   Al drie hierdie persone is bekend in die gemeenskap.   As jy ‘n rekenaar besit, sou jy heelwaarskynlik al met Bennie kontak gemaak het.  Marelize is werksaam by PSG waar baie beleggers al deur haar vriendelik ontvang is.   Riaan wie betrokke is by Overstrand Medical Response sorg dat mediese hulp in krisistye beskikbaar is.  Die Bestuur sê dankie aan hierdie mense wie se optrede van so’n aard was dat die publiek hulle kon aanbeveel vir hierdie pryse.

Die Algemene Jaarvergadering is ook die plek waar die Voorsitter moet terugvoering gee van aktiwiteite van die afgelope besigheidsjaar.  Mnr Fanie Bothma het dan ook sy jaarverslag gelewer en slegs enkele aspekte word hier uitgelig.

Gansbaai Sakekamer is aktief besig om ons sakelede te ondersteun met ons aksies & programme. Hierin word ons ondersteun deur ons affiliasie by die AHI. Dit gee ons toegang tot heelwat hulpbronne wat ons kan aanwend in ons aksies. In ons nuwe boekjaar sal meer hiervan waarskynlik verder sigbaar word in programme wat ons aanpak in die gemeenskap.

Ons ervaar in Gansbaai steeds ‘n baie moeilike ekonomiese situasie. Dit is te midde van ‘n groter nasionale & internasionale ekonomiese situasie. In Europa het die PMI (gesamentlike aankoopbestuursindeks) onlangs verder gedaal. In die VSA kom werkskepping ook nie regtig aan die gang nie maar die huispryse wil tekens van lewe begin toon.

In Suid Afrika het die PMI vir die vervaardigingsektor ook in Maart gedaal. Die kommer oor die wêreldekonomie plaas druk op ons uitvoere van grondstowwe maar gelukkig verlaag die oliepryse ook saam daarmee. Ontstellend is egter dat ons sakevertrouindeks nou teruggesak het tot sy laagste vlak sedert April 2000.

Ons kry voortdurend hierdie ekonomiese data wat wissel tussen positief en negatief sodat ‘n duidelike tendens nie helder uitstaan nie. Dit kan dui op ‘n verandering in die langer tendens. Op die platteland ervaar ons egter steeds die ekonomiese omgewing as baie moeilik.

Te midde van hierdie moeilike  ekonomiese omgewing poog ons steeds as Sakekamer om ons besighede te ondersteun.

• AHI – Gansbaai Sakekamer was weer die afgelope jaar geaffilieer by die AHI. Dit gee ons toegang tot hulle dienste, produkte & kundigheid.  So het die AHI ook kundiges professioneel gekontrakteer wat sakekamers dan weer gratis kan benut  - ons beoog juis so ‘n projek. Verder is daar ook nog ander kundigheid binne die AHI self wat ons beoog om na Gansbaai te bring om ons gemeenskappe hier te ondersteun.  In die AHI se jongste jaarverslag word Gansbaai Sakekamer genoem as een van vier plattelandse sakekamers wat nasionaal uitstaan en sterk funksioneer.  Tydens die vergadering in Hermanus op Saterdag 23/03/13 het die AHI se Uitvoerende Hoof (Dr. Christo van der Rheede) versoek dat Gansbaai inskryf vir die AHI se Sakekamer van die Jaar kompetisie.

• Die Bestuur is by aksies betrokke om groei te skep.  Die sogenaamde Visie vir Gansbaai is ‘n inisiatief om deur behoorlike navorsing vas te stel waarop ons in die toekoms moet fokus om ons bestaande hulpbronne maksimaal te benut.   Ons dorp en sy omgewing kan net groei indien meer mense hierheen kom en hier geld spandeer.   Sodra dit gebeur trek dit beleggers, werkskepping vind plaas, plaaslike mense het meer geld om te spandeer en bestaande besighede ondervind groei.
• Alle rolspelers in ‘n gemeenskap moet betrokke wees.  Die Voorsitter spreek dan ook sy waardering uit vir die samewerking tussen die Sakekamer, Toerisme, kerke. Plaaslike Pers, gemeenskapleiers en die Munisipaliteit.
 


Voortreflike diens wenners: Marelize Hanekom (2de), Riaan Buys (3de) en Bennie van Eeden (1ste) met Fanie Bothma (voorsitter) links en Francois de Jongh (borg, Gansbaai Courant) heel regs.

Die vergadering was ook bevoorreg om na Jan Lutzeyer te luister met sy aanbieding van Gansbaai Explore waardeur Gansbaai aan voornemende besoekers bekendgestel word.

Die internet is die wyse van kommunikasie vir die toekoms.  Hoewel Gansbaai Explore nog in sy kinderskoene staan, hou dit groot belofte in vir die toekoms.  Besighede word aangemoedig om aan te sluit. ‘n Nuwe Bestuur is ook verkies om die Sakekamer oor die volgende jaar te lei. Die volgende persone is verkies. Voorsitter - mnr Fanie Bothma, O/Voorsitter - me Rene Beukes, Sekretaresse - me Glenda Kitley, Tesourier - mnr  Ben Gericke, Add. Lid - mnr Jan Lutzeyer, Add. Lid - mnr Harry de Jager en Add. Lid - mnr DJ Heyns. Die aand is afgesluit met ‘n heerlike vingerete wat deur O K Foods voorberei is.                          

Kobie van Wyk 

Vanuit die Gansbaai Sakekamer

Kobie van Wyk

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles