1ste Gesamentlike Eenheidskamp

1ste Gesamentlike Eenheidskamp

Gansbaai Courant


Die gemengde groep kampeerders van Gansbaai Primêr en LR Smidt Primêr van Genadendal se Eenheidsklasse, met hulle twee Juffrouens, Marieta Rademeyer en Zydia Phillips rug teen rug regs voor

"Dit is die eerste keer in die geskiedenis wat Gansbaai Primêr en LG Smidt Primêr van Genadendal se Eenheidsklasse 'n gesamentlike oornagkamp gereël het," vertel Marieta Rademeyer van Gansbaai Primêr se Eenheidsklas. Vir lesers wat onbekend met die term "Eenheidsklas" is, dit is vir leerders met spesiale leerbehoeftes. Marieta en Sane Visage van LG Smidt Primêr het die nodige reëlings getref en die groep Genadendalleerders is deur die Eenheidsklas se onderwyseres, Sane Visagie, saam met Sophia Mc Kenzie (Assistent) en Pat Adams (Voorsitter van die Beheerliggaam) vergesel. "Ons het ons nuwe vriendskapsbande soos die begin van die see se golwe ervaar," sê Marieta. "Daarna het die Eenheidsirkel verder uitgekring en hande is gevat om ons gesamentlike belange in 'n lewensarena te deel."

Die twee groepe is per bussie na Pearly Beach vervoer, vanwaar hulle so saam-saam seelangs teruggestap het. Die staptog het terselfdertyd deel van Gansbaai Primêr Eenheidsklas se inskrywing vir die jaarlikse Presidentstoekenning gevorm en dit was hulle 3de agtereenvolgende staptog. Hilton Temmers, 'n energieke sportopvoeder van Gansbaai Primêr, het diè staptog vanjaar meegemaak. "By Uilenkraalsmond het Hilton almal soos 'n ware heer ingewag en 'n helpende hand na elkeen uitgesteek, aangesien dit al hoogwater was." Marieta vertel van 'n seuntjie van LR Smidt Primêr, Joviano Jantjies wat met breinkanker gediagnoseer is, wat haar diep beïndruk het omdat hy die stap vanaf Pearly Beach saam met al sy maatjies meegemaak het. Terug by Nuwe Hoop Bedieningsentrum, waar hulle oorgeslaap het, het verskeie aktiwiteite gevolg, soos perdry, spring op die trampolien en verskeie tradisionele speletjies. "Na 'n heerlike potjiekosete is die leerders in groepe verdeel, waarna hulle 'n volmaan-nagmars deur die 'onbekende wildernis' aangepak het." Marieta bedank graag die leerders wat hulle so voorbeeldig gedra het en ook fluks met die opruiming gehelp het. "Dankie ook aan die onderskeie skoolhoofde vir hul ondersteuning, Nuwe Hoop Bedieningsentrum vir die gebruik van hul fasiliteite en die studente wat as sekuriteitswagte opgetree het."
                                                     
Hardus Botha

1ste Gesamentlike Eenheidskamp

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles