Feesgans se nuwe vere

Feesgans se nuwe vere

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ná afloop van die onlangse openbare vergadering vir 2013 se Fees van die Ganse het die nuwe Feesgans se veredonsies tevoorskyn begin kom.

Reeds tydens die nabetragtigingsvergadering is besluit om weg te beweeg uit die reënseisoen uit en tweedens is besluit op twee "Feeste", plus die moontlikheid van ander Feestelike aanbiedinge gedurende toepaslike naweke.

Die eerste been van die Fees van die Ganse word vir ± 8 tot 11 Augustus in Gansbaai Academia se saal beplan. Die jaarlikse gewilde Fynbosskou, gepaardgaande met vrolike instrumentale musiek- en kooroptredes sal deel van hierdie feesvieringe vorm. Asook die moontlikheid van die tradisionele Interkerklike Erediens en enkele ander interessante Feesitems, ingesluit 'n verskeidenheid van stalletjies. Die taakgroep behels met hierdie reëlings sal mettertyd meer inligting beskikbaar stel.

Die tweede been van die Fees van die Ganse word vir Saterdag, 21 September 2013 beplan. Ook hier is die finale beplanning nog in 'n proses. In kort kom dit daarop neer dat 'n ware "Dorpsfees" in Gansbaai se middorp beplan word, met die moontlikheid van enkele strate wat gesluit sal word, indien goedkeuring daarvoor ontvang word.

Die jaarlikse basaar ten bate van Herberg-aan-See sal deel van die Feesprogram vorm, met goeie samewerking tussen die Feeskomitee en die Basaarorganiseerders wat reeds bereik is. Voorbeelde van enkele Feesitems wat beplan word, is Mej Fees van die Ganse, Kaskarwedrenne, Gholfkompetisie, Fun Walk/Run, Stalletjies, Kindervermaak en veel meer, asook optredes deur plaaslike kunstenaars.

Hou Gansbaai Courant, die ware gemeenskapskoerant vir die dorp, dop vir verdere verwikkeling en verrassende aankondigings.

Feesnavrae kan aan Gansbaai Toerisme by 028-384-1439 gerig word, of stuur 'n epos aan gansbaaiinfo@telkomsa.net. 

Hardus Botha

Feesgans se nuwe vere

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles