Koordinate belangrik

Koordinate belangrik

Gansbaai Courant

Die hotties wat nou gevang word is spekvet, maar die probleem is die enorme aantal kleintjies wat tussen hulle ronddwaal. Die goedjies verorber jou aas en speel kitaar met jou lyn. Daar is op die oomblik nie groter vis te vang nie en laat jou met geen ander opsie as om maar deur te byt en van die groter hotties bymekaar te maak nie. Dan moet jy ook weet van ‘n paar tegnieke om suksesvol te wees. Dis  gesonde verstand om te sorg dat jou aas in orde is, maar dís natuurlik ‘n bekvol. Normaalweg behoort jou sardynaas vars te wees of minstens nie ou, uitgedroogde aas nie. Dan het die vis ook ‘n neiging getoon om sagte aas te vat. Selfs witmossel wat nie so gesout is dat dit “hard” voorkom nie, word verkies. Verder het jy ook ‘n keuse tussen ‘n visstok en ‘n handlyn  --  en dit maak wel ‘n verskil. Wanneer die vis begin skelm byt is ‘n handlyn verkieslik want jy het meer beheer daaroor. ‘n Visstok weer, kan nuttig gebruik word wanneer jy ‘n gaatjie in die bamboes probeer bykom. Ook die manier waarop jou lyn voorberei word is belangrik.

Oor die naweek het die weer begin verander met ‘n prominente seewind (uit die noorde uit). Afhangende van die weerpatroon kan dit die vissituasie ten beste beinvloed. Die kabeljou behoort nou dieper in voor te kom en ‘n vars windjie kan net die ding wees wat ‘n plek soos die Vlagpale lewe gaan gee. Aan die weskus is daar baie snoek en dit sal nogal help indien daardie bulle hier by ons uitslaan.

Enige kranige kushengelaar weet dat wanneer hy ‘n belowende plekkie ontdek, dit so geheim moontlik gehou moet word  --  môre sit die ander ou daar! Op see is die situasie so ietwat anders. Op die GPS merk jy soms ‘n riffie of plekkie waar jy hoop om ander dag weer gelukkig te wees. Op see beteken dit somtyds dat die vis net duskant of iewers in daardie omgewing aan die byt sal gaan. Die gemerkte plek dui aan dat dit ‘n gunstige plek is vir die vis om te wei, maar dis nie noodwendig presies op jou plekkie nie. Wat ek wil sê is dat dit nie ‘n ramp is indien iemand anders ook van jou koördinate gebruik maak nie. Daar is darem te veel spasie om te gebruik. So moet nie te veel daarvan maak indien iemand anders ook op jou “spot” kom anker nie. Oppas net vir “in my stroom.”  Lekker vang.

Seemeeu 
 

Koordinate belangrik

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles