Koordinate belangrik

Koordinate belangrik

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die hotties wat nou gevang word is spekvet, maar die probleem is die enorme aantal kleintjies wat tussen hulle ronddwaal. Die goedjies verorber jou aas en speel kitaar met jou lyn. Daar is op die oomblik nie groter vis te vang nie en laat jou met geen ander opsie as om maar deur te byt en van die groter hotties bymekaar te maak nie. Dan moet jy ook weet van ‘n paar tegnieke om suksesvol te wees. Dis  gesonde verstand om te sorg dat jou aas in orde is, maar dís natuurlik ‘n bekvol. Normaalweg behoort jou sardynaas vars te wees of minstens nie ou, uitgedroogde aas nie. Dan het die vis ook ‘n neiging getoon om sagte aas te vat. Selfs witmossel wat nie so gesout is dat dit “hard” voorkom nie, word verkies. Verder het jy ook ‘n keuse tussen ‘n visstok en ‘n handlyn  --  en dit maak wel ‘n verskil. Wanneer die vis begin skelm byt is ‘n handlyn verkieslik want jy het meer beheer daaroor. ‘n Visstok weer, kan nuttig gebruik word wanneer jy ‘n gaatjie in die bamboes probeer bykom. Ook die manier waarop jou lyn voorberei word is belangrik.

Oor die naweek het die weer begin verander met ‘n prominente seewind (uit die noorde uit). Afhangende van die weerpatroon kan dit die vissituasie ten beste beinvloed. Die kabeljou behoort nou dieper in voor te kom en ‘n vars windjie kan net die ding wees wat ‘n plek soos die Vlagpale lewe gaan gee. Aan die weskus is daar baie snoek en dit sal nogal help indien daardie bulle hier by ons uitslaan.

Enige kranige kushengelaar weet dat wanneer hy ‘n belowende plekkie ontdek, dit so geheim moontlik gehou moet word  --  môre sit die ander ou daar! Op see is die situasie so ietwat anders. Op die GPS merk jy soms ‘n riffie of plekkie waar jy hoop om ander dag weer gelukkig te wees. Op see beteken dit somtyds dat die vis net duskant of iewers in daardie omgewing aan die byt sal gaan. Die gemerkte plek dui aan dat dit ‘n gunstige plek is vir die vis om te wei, maar dis nie noodwendig presies op jou plekkie nie. Wat ek wil sê is dat dit nie ‘n ramp is indien iemand anders ook van jou koördinate gebruik maak nie. Daar is darem te veel spasie om te gebruik. So moet nie te veel daarvan maak indien iemand anders ook op jou “spot” kom anker nie. Oppas net vir “in my stroom.”  Lekker vang.

Seemeeu 
 

Koordinate belangrik

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles