'n Bekende Gansbaaier, Adelè Nel se seun, Geon Nel (31) (links), wat in Gansbaai grootgeword het, is deel van die Balbesitspan wat onlangs by die Absa Nasionale Klein Karoo Kunstefees op Oudtshoorn met 'n Kanna-toekenning vir Beste Akteurs vereer is. Wat hierdie toekenning des te meer 'n uitsonderlike prestasie maak, is dat dit die eerste keer is wat 'n groep akteurs (24 van hulle), en nie 'n individu nie, met hierdie toekenning vereer word. Met Jaco Bouwer as regisseur is hierdie drama 'n vloeiende samesmelting van musiek en fisieke teater van die innoverende teaterskepper Saartjie Botha. Rugby word in die drama as voorstelling gebruik om mans se versugtinge in die hedendaagse Suid-Afrika uit te beeld. Die drama val ook saam met Jaco Botha se Afrikaans Onbeperk-verering vir Vernuwende Denke.
Erns Grundling, die sameroeper van die Kannapaneel wat die Absa KKNK se benoemings aanwys, het gesê dat vanjaar se groter program 'n reuse-uitdaging aan dié paneel gebied het. "In die omgewing van 120 feesproduksies moes beoordeel word, wat aansienklik meer is as in vorige feesjare." Geon, wat 'n trotse lid van die Balbesit-span is, is as 'n poppespeler (puppeteer) by Zanews in Kaapstad werksaam. Hy is lankal reeds 'n "ou" bekende in die vermaaklikheidswêreld. Onder andere het hy die hoofrol in Dalene Matthee se Kringe in die Bos in die Artscape Operahuis in Kaapstad vir twee agtereenvolgende jare vertolk. "In die 'Safe House' film wat in ons 'cinemas' verskyn het, was Geon deel van die 'cast' saam met bekendes soos Denzel Washington, Ryan Reynolds en Vera Farmiga," vertel 'n trotse Adelè, wat ook 'n aktiewe Lionslid is, asook 'n voormalige Lionpresident. Dan is Geon ook 'n ervare kulkunstenaar en het byvoorbeeld onlangs by Spier tydens Breyten Breytenbach se byeenkoms van digters as kulkunskunstenaar opgetree. "Geon is nou op pad om vir drie weke in die Staatsteater in Pretoria saam met die Balbesit-span te gaan optree," sê Adelè.
Hardus Botha
Gansbaaier deel van Balbesit faam
09 May 2013Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
You Have the Power to Change the Pattern
Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.
Red Wine Oxtail
Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?
Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.
Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs
An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026
Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026
The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...











