Praktiese Fotografie

Praktiese Fotografie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News


Regs agter is Clive Bailey van Gansbaai Fotografieklub besig om waardevolle en praktiese opleiding aan klublede tydens 'n praktiese byeenkoms te verskaf

Gansbaai Fotografieklub se lede het onlangs 'n praktiese sessie oor die basiese beginsels vir die gebruik van 'n digitale kamera beleef.

Klublid Clive Bailey se aanbieding het enkele lesings behels, gevolg deur die praktiese aanwending van die teorie. "Ek maak die stelling dat fotografie nie 'n kuns is nie, maar dit ís kuns," het Clive gesê. "'n Foto wat geneem word, is die beeld wat die persoon op daardie tydstip gesien het en niemand kan dit presies so kopieer nie!" Hy het verduidelik dat tyd, en dus die elemente wat daartoe bygedra het om die beeld te maak, ongenadiglik verander en daarom is dit uniek. "Wanneer 'n kamera gekoop word, is daar minstens ses veranderlikes wat die gehalte van foto's affekteer: die kamera self; die lens wat daarmee saamgaan; lensopening (aperture); sluiterspoed (shutter speed); ISO waarde en Wit Balans."

Die fokus van die dag was op die sogenaamde driehoek gebaseer: Lensopening wat velddiepte affekteer; Sluiterspoed wat onduidelikheid ("blur") tot gevolg kan heÌ‚; ISO waarde wat die sensitiwiteit van die sensor van die kamera beïnvloed en ruis ("noise") en grein ("grain") kan veroorsaak. Clive het die lede aangeraai om Wit Balans op auto te stel, die ISO so laag as moontlik vas te pen en dan kan daar besluit word of die lensopening prioriteit is (Av of A) en of die tydwaarde (TV of S) prioriteit is. Laastens het Clive ook vertel oor hoe die kamera lig meet en waar dit verkeerd vertolk kan word om sodoende 'n foto oor- of onder te belig. Hy het die lede ook adviseer oor wat om te doen om 'n foto korrek te belig deur kompensasie in te stel.

Die volgende praktiese byeenkoms is vir Saterdag, 18 Mei om 10:00 te Kerkstraat 30 gereël. Prof Hennie Rudman van Stellenbosch gaan klublede oor "ecposures" kom toespreek.

Vir navrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.

Hardus Botha 

Praktiese Fotografie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles