AO Sarena Hugo se stokperdjie

AO Sarena Hugo se stokperdjie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

A/O Sarena Hugo, Kommunikasie-offisier by Stanford SAPD

Adjudant-offisier Sarena Hugo is on-langs as Stanford SAPD se Kommunikasie-offisier aangestel. Sy is reeds sedert 1999 by Stanford SAPD in diens en sê sy is baie lief vir Stanford en omgewing. Ondanks haar vele ervaring, opleidingskursusse en polisiediens as 'n "geharde" polisievrou, dui haar persoonlike lewe en stokperdjies terselfdertyd steeds op "vrou-wees" in die ware sin van die woord. Die mens Sarena is eerstens 'n sagte gesinsmens met 'n groot liefde vir haar twee seuns, dogter en kleinseun. Dan hou sy ook baie van voëlkyk en om 'n bietjie te skilder. Haar belangrikste stokperdjie is egter handgemaakte en versierde "aspoestertjie- en babaskoentjies". "My skoentjies wat ek maak noem ek 'Kahli Bridal Shoes'," vertel Sarena.

Hierdie naam is afgelei van haar "pop-mooi" dogter se naam, Kahli". "Alles het begin toe Kahli getrou het en sy na unieke, plat, gemaklike en ballet-tipe skoentjies op soek was, wat nie haar voete sou 'doodmaak' nie en waarmee sy gemaklik kon dans sonder om te gly."

'n Voorbeeld van AO Sarena Hugo se sagte kant, haar handgemaakte "Kahli Bridal Shoes"

Moeder Sarena het gesoek, maar nie gevind nie en besluit om dit self te maak, aangesien sy 'n praktiese mens is. Sommer kort na haar dogter se troue het die "skoentjie-gogga" gebyt en het dit 'n voltydse stokperdjie en 'n passie geword. Sarena sê alles word met die hand gemaak en neem soms vele ure in beslag, "maar ek geniet dit terdeë en terselfdertyd dien dit as 'n stres-ontlontingsproses." Sy het selfs al bestellings vanuit Engeland gekry en nou maak sy versierde babaskoentjies ook.

Belangstellendes kan Sarena by 082-460-1645 skakel, of stuur 'n e-pos aan haar by sarenahugo@yahoo.co.uk.

Voorwaar 'n goeie voorbeeld van 'n gedugte polisievrou, wat nie op haar baadjie getakseer moet word nie, en in dieselfde asem ook 'n sagte "vrou-wees-mens" is.

Hardus Botha

AO Sarena Hugo se stokperdjie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles