Belangrikheid van skeepsterme

Belangrikheid van skeepsterme

Gansbaai Courant

Frikkie Mostert (regs), 'n afgetrede Skeepskaptein van Saldanhabaai, het enkele opmerkings oor skeepsterme gestuur, nadat hy 'n artikel in Gansbaai Courant gelees het. Hy was op besoek aan sy suster, Annatjie Liebenberg van Gansbaai Pelagiese Visserye Beperk. "Ek het as vissermanseun in St Helenabaai grootgeword en van kindsbeen af visgevang," vertel Frikkie. Later het hy op pelagiese bote as visserman, bootsman, stuurman en skipper gewerk. Hy sê etlike van Gansbaai se stuurmanne is al deur hom opgelei. Hy verwys ook na plaaslike vissersbote wat ooreenkomstig die tipe vis waarvoor hulle gelisensieer is en waarvolgens registrasienom-mers toegeken word. Die nommers verwys ook na die hawe wat deur die boot as basis gebruik word, soos DDF vir Gansbaai, ADF vir Lambertsbaai, BDF vir St Helenabaai en SBH vir Saldanha Hawe, PNA vir Port Nolloth Area ensovoorts.

Bote word ook volgens lengte en tonnemaat ingedeel en volgens die afstand wat sodanige bote van die kus af mag werk, moet hulle aan sekere Radio-regulasies voldoen. Bote wat minder as 40 seemyl van die kus af opereer, is byvoorbeeld net wetlik verplig om ‘n VHF radio aanboord te hê. Vanaf die kus tot 200 seemyl aflandig, moet daar ‘n VHF en MF radio wees en verder as tweehonderd seemyl moet elke vaartuig bo en behalwe die genoemde radios ook nog ‘n GMDSS radio sisteem en operateur hê.

Alle radio-installasies aanboord van vaartuie moet 'n lisensie hê en die operateur (skipper en stuurman) moet ook oor operateurs-lisensies beskik. "Omdat daar soveel verskillende Nasionaliteite die see bevaar, is dit soms moeilik om byvoorbeeld ‘n boot se naam reg te verstaan of uit te spreek. Daarom word aan elke boot ‘n Radio Roepsein toegeken en bote van sekere grotes is verplig om hierdie geallokeerde roepsein iewers op die romp te vertoon." Baie van die plaaslike bote se radio roepseine begin met ZR, gevolg deur ‘n nommer. Die roepsein kan dan deur middel van die fonetiese alfabet gebruik word om kommunikasie te vergemaklik." Hy sê daar is slegs 15 Internasionale noodseine, die res is Noodseine wat per teleks gesein word: Mayday (Radio), Epirb (via sateliet), Sarts (Radar) en Distress Alert (GMDSS). "Wanneer enige van die eerste tien seine opgemerk word, moet dit as 'n saak van uiterste dringendheid aan die naaste NSRI of polisiestasie gerapporteer word," sê Frikkie.   
                     
Hardus Botha

Belangrikheid van skeepsterme

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles