Springfontein se Wyne

Springfontein se Wyne

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Voor vlnr is Rohan Breytenbach, Suna Swart, Christelle Moses, Hanet van Deventer, Annarie Harding-Male en Helmie de Vries. Agter vlnr is Dave Sawtelle, Jan le Roux en Christie Swart tydens die oorhandiging van blyke van waardering deur Gansbaai Wynproegilde.

Gansbaai Wynproegilde het tydens hul byeenkoms op 26 April die restaurant van Gansbaai Academia laat kreun onder die sowat 40 lede en gaste wat teenwoordig was. Voorsitter Helmie de Vries het almal verwelkom, met spesiale verwysing na die nuwe lede, Jan en Johanna le Roux. Rohan Breytenbach, wynmaker van Springfontein Wynlandgoed, het as aanbieder opgetree, met Christelle Moses wat hom bygestaan het. Die relatiewe "jong" wynlandgoed net buite Stanford beslaan 500 hektaar, waarvan 25 hektaar onder wingerd is.

Die eerste wingerde is in 1998 aangeplant, met die eerste druiweoes in 2005. Die wynlandgoed spog ook reeds met sowat 13 toekennings. Die volgende 5 wyne is te proe aangebied: Terroir Selection Sauvignon blanc (2011), Springfontein White (2009), Terroir Selection Pinotage (2008), Red of Sopiensklip versnit (2010), Pink of Sopiensklip Rosè (2012). Die eerste een is deur die lede en gaste met goud bekroon, terwyl die res almal 'n "sterk" silwer ontvang het. Gansbaai Academia se bekwame opvoeders in Gasvryheid-studies, Annarie Harding-Male en Hanet van Deventer, het met die hulp van personeellede hulself met die spyskaart en puik bediening oortref. Blyke van waardering is aan Annarie, Hanet, Rohan en Christelle oorhandig.

'n Hoed is al male sonder tal vir 'n "kollekte" onder gaste tydens funksies omgestuur, maar in die Wynproegilde se geval is 'n skoon "spuugbak" vir donasies ten bate van Gansbaai Academia omgestuur, wat baie goed gedoen het! Rohan Breytenbach van Springfontein Wyn-landgoed kan by 083-507-8307 of 028-341-0651 gekontak word, of stuur 'n e-pos aan hom by rohan.breytenbach@springfontein.co.za. Enkellopende persone, veral dames, is baie welkom om die gesellige byeenkomste by te woon.

Kennis moet geneem word dat die volgende byeenkoms met 'n week vervroeg is en sal op Vrydag, 24 Mei aangebied word. Meer besonderhede later.

Vir enige navrae rakende die gewilde Gansbaai Wynproegilde kan voorsitter Helmie de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan hom by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha 

Springfontein se Wyne

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles