Springfontein se Wyne

Springfontein se Wyne

Gansbaai Courant

Voor vlnr is Rohan Breytenbach, Suna Swart, Christelle Moses, Hanet van Deventer, Annarie Harding-Male en Helmie de Vries. Agter vlnr is Dave Sawtelle, Jan le Roux en Christie Swart tydens die oorhandiging van blyke van waardering deur Gansbaai Wynproegilde.

Gansbaai Wynproegilde het tydens hul byeenkoms op 26 April die restaurant van Gansbaai Academia laat kreun onder die sowat 40 lede en gaste wat teenwoordig was. Voorsitter Helmie de Vries het almal verwelkom, met spesiale verwysing na die nuwe lede, Jan en Johanna le Roux. Rohan Breytenbach, wynmaker van Springfontein Wynlandgoed, het as aanbieder opgetree, met Christelle Moses wat hom bygestaan het. Die relatiewe "jong" wynlandgoed net buite Stanford beslaan 500 hektaar, waarvan 25 hektaar onder wingerd is.

Die eerste wingerde is in 1998 aangeplant, met die eerste druiweoes in 2005. Die wynlandgoed spog ook reeds met sowat 13 toekennings. Die volgende 5 wyne is te proe aangebied: Terroir Selection Sauvignon blanc (2011), Springfontein White (2009), Terroir Selection Pinotage (2008), Red of Sopiensklip versnit (2010), Pink of Sopiensklip Rosè (2012). Die eerste een is deur die lede en gaste met goud bekroon, terwyl die res almal 'n "sterk" silwer ontvang het. Gansbaai Academia se bekwame opvoeders in Gasvryheid-studies, Annarie Harding-Male en Hanet van Deventer, het met die hulp van personeellede hulself met die spyskaart en puik bediening oortref. Blyke van waardering is aan Annarie, Hanet, Rohan en Christelle oorhandig.

'n Hoed is al male sonder tal vir 'n "kollekte" onder gaste tydens funksies omgestuur, maar in die Wynproegilde se geval is 'n skoon "spuugbak" vir donasies ten bate van Gansbaai Academia omgestuur, wat baie goed gedoen het! Rohan Breytenbach van Springfontein Wyn-landgoed kan by 083-507-8307 of 028-341-0651 gekontak word, of stuur 'n e-pos aan hom by rohan.breytenbach@springfontein.co.za. Enkellopende persone, veral dames, is baie welkom om die gesellige byeenkomste by te woon.

Kennis moet geneem word dat die volgende byeenkoms met 'n week vervroeg is en sal op Vrydag, 24 Mei aangebied word. Meer besonderhede later.

Vir enige navrae rakende die gewilde Gansbaai Wynproegilde kan voorsitter Helmie de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan hom by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha 

Springfontein se Wyne

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles