Mooi Geelsterte

Mooi Geelsterte

Gansbaai Courant

Vlnr is Johan Burmeister (Wedstrydsekretaris) saam met Meimaand se Hengelborg van R500, R & R Aluminium & Glass van Raymond en Roza Rabe

Die Birkenheaders se 5de boothengelkompetisie het goed afgeloop, met onder andere mooi geelsterte wat gevang is. Vier bote het ingeskryf en ingeweeg, met 'n totale aantal bemanningslede van 12, ingesluit 2 dames. Ses verskillende spesies is ingeweeg. Die totale aantal vis wat ingeweeg is, is 78 met 'n totale massa van 108.30kg, wat ‘n gemiddeld van 9.03kg per hengelaar beteken het. Die volledige uitslae is soos volg: Swaarste vis, Philip Fourie (Geelstert - 3.65kg); 2de Swaarste vis, Philip Fourie (Geelstert - 3.10kg); Swaarste sak, Philip Fourie (21.45kg); 2de Swaarste sak, Johan Burmeister (15.35kg); Swaarste bootgemiddeld, Nu Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (18.40kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Relêks 2 van Jean Downing (8.38kg); Dame Swaarste sak, Dixi Walsh (9.80kg). Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (55.18kg); Jay-Bee 2 van Piet en Elna van Zyl (37.53kg); Relêks 2 van Jean Downing (34.33kg); Mans Visvangkampioene - Johan Burmeister (54.25kg); Piet van Zyl (39.00kg); Gawie Krugel (35.85). Dames Visvangkampioen - Elna van Zyl (37.70kg); Dixie Walsh (25.75kg). Dan het Philip ook 'n Atlantiese Bonito (Skipjack) van 2.2kg naby die bekende Birkenhead Rots gevang. Raymond en Roza Rabe van R & R Aluminium & Glass was Meimaand se amptelike Hengelborge van R500. Vir gehalte aluminium- en glaswerke, skuifdeure, vensters en balkonreëlings kan hulle by 082-928-0594 of 082-890-6397 gekontak word. Die aandfunksie, met 'n bykans vol klubsaal, het baie gesellig verloop, met smaaklike vis & skyfies, wortelslaai en nagereg. Die noodsaaklike item van die aand is Raymond Rabe se gratis Musiekfabriek wat almal tot laataand aan die dans gehou het.

Algemene navrae rakende die Birkenhead Boothengelklub kan aan voorsitter Raymond Rabe by 082-928-0594 gerig word, met kompetisienavrae aan wedstrydsekretaris Johan Burmeister by 082-895-7647.

Hardus Botha

Philip Fourie met sy Atlantiese Bonito (Skipjack) van 2.2kg wat hy naby die Birkenhead Rots gevang het 

Mooi Geelsterte

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles