Mooi Geelsterte

Mooi Geelsterte

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr is Johan Burmeister (Wedstrydsekretaris) saam met Meimaand se Hengelborg van R500, R & R Aluminium & Glass van Raymond en Roza Rabe

Die Birkenheaders se 5de boothengelkompetisie het goed afgeloop, met onder andere mooi geelsterte wat gevang is. Vier bote het ingeskryf en ingeweeg, met 'n totale aantal bemanningslede van 12, ingesluit 2 dames. Ses verskillende spesies is ingeweeg. Die totale aantal vis wat ingeweeg is, is 78 met 'n totale massa van 108.30kg, wat ‘n gemiddeld van 9.03kg per hengelaar beteken het. Die volledige uitslae is soos volg: Swaarste vis, Philip Fourie (Geelstert - 3.65kg); 2de Swaarste vis, Philip Fourie (Geelstert - 3.10kg); Swaarste sak, Philip Fourie (21.45kg); 2de Swaarste sak, Johan Burmeister (15.35kg); Swaarste bootgemiddeld, Nu Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (18.40kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Relêks 2 van Jean Downing (8.38kg); Dame Swaarste sak, Dixi Walsh (9.80kg). Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (55.18kg); Jay-Bee 2 van Piet en Elna van Zyl (37.53kg); Relêks 2 van Jean Downing (34.33kg); Mans Visvangkampioene - Johan Burmeister (54.25kg); Piet van Zyl (39.00kg); Gawie Krugel (35.85). Dames Visvangkampioen - Elna van Zyl (37.70kg); Dixie Walsh (25.75kg). Dan het Philip ook 'n Atlantiese Bonito (Skipjack) van 2.2kg naby die bekende Birkenhead Rots gevang. Raymond en Roza Rabe van R & R Aluminium & Glass was Meimaand se amptelike Hengelborge van R500. Vir gehalte aluminium- en glaswerke, skuifdeure, vensters en balkonreëlings kan hulle by 082-928-0594 of 082-890-6397 gekontak word. Die aandfunksie, met 'n bykans vol klubsaal, het baie gesellig verloop, met smaaklike vis & skyfies, wortelslaai en nagereg. Die noodsaaklike item van die aand is Raymond Rabe se gratis Musiekfabriek wat almal tot laataand aan die dans gehou het.

Algemene navrae rakende die Birkenhead Boothengelklub kan aan voorsitter Raymond Rabe by 082-928-0594 gerig word, met kompetisienavrae aan wedstrydsekretaris Johan Burmeister by 082-895-7647.

Hardus Botha

Philip Fourie met sy Atlantiese Bonito (Skipjack) van 2.2kg wat hy naby die Birkenhead Rots gevang het 

Mooi Geelsterte

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles