Die 2012-oesjaar van die Lomond Sauvignon Blanc het ’n goue medalje ontvang by die onlangse Concours Mondial du Sauvignon, wat elke jaar in Frankryk plaasvind. Kobus Gerber, die wynmaker, beskryf die wyn as “fris en medium-vol, met ’n delikate mineraalkarakter, en propvol smake van groen en tropiese vrugte”.
Dit is in Suid-Afrika teen ’n baie billike R60 per bottel te kry, en het bewys hy hoef glad nie terug te staan vir sy twee beroemde enkelwingerd-“broeders” nie. Dié is die Pincusion Sauvignon Blanc en die Sugarbush Sauvignon Blanc wat gereeld by plaaslike en buitelandse kompetisies bekroon word.
Die 2012 Lomond Sauvignon Blanc word in die 2013-uitgawe van Platter’s South African Wine Guide beskryf as “in sy jeugdigheid meer toeganklik as die enkelwingerd-weergawes”. Die beoordelaars by die Concours Mondial du Sauvignon het klaarblyklik saamgestem.
Lomond is een van net enkele wynplase met die Kaap Agulhas-oorsprongbenaming. Die wingerde word in die somer deur suidweste- en suidoostewinde afgekoel. Danksy die koel weer word die druiwe etlike weke later as in die Stellenbosch-gebied ryp. Die eerste druiwe word eers teen Maart geoes.
Daar is uit die staanspoor by Lomond 'n sterk klem geplaas op volhoubare boerdery en die bewaring van sy enorme biodiversiteit. Die groot opgaardam op die plaas lewer ook water aan die omringende gemeenskappe. 'n Organiese benadering geld in al die wingerde, en die boerdery vind só plaas dat so ver moontlik uitdrukking gegee word aan die uiteenlopende grondsoorte en wisselende hoogtes bo seespieël terwyl die inheemse habitat beskerm bly.
Lomond Kry Goud by Concours Mondial du Sauvignon
16 May 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Learning and Fun at Masakhane Homework Hub!
Every day after school, the vibrant energy of eager young minds fills the air at Masakhane Homework Hub.
Spruce Up Your Home This Easter: Renew, Refresh, Remake!
This Easter, let's 𝗲𝗴𝗴-𝘀𝗽𝗲𝗿𝗶𝗲𝗻𝗰𝗲 𝘁𝗵𝗲 𝗷𝗼𝘆 𝗼𝗳 𝗮 𝘀𝘂𝗰𝗰𝗲𝘀𝘀𝗳𝘂𝗹 𝗵𝗼𝗺𝗲 𝘀𝗮𝗹𝗲!
Unlocking Emotional Freedom: The Ninety-Second Rule
Science shows that when a person has a reaction to something happening in their environment, there is a chemical process that happens for 90 seconds.
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 29 March 2024
Join us for an incredible whale and Marine Big 5 eco tour on Friday, 29 March 2024, at 09:15.
Exploring Entomology: Grootbos Foundation Visits Iziko Museum
Exciting news from the Grootbos Foundation! Our entomology team recently embarked on an enriching journey to the Iziko Museum in Cape Town.
Grootbos Garden Lodge Wins Nature Reserve Hotel of the Year 2024
Garden Lodge has been honoured as the "Nature Reserve Hotel of the Year" at the 2024 Luxe Travel Awards.