Lomond Kry Goud by Concours Mondial du Sauvignon

Lomond Kry Goud by Concours Mondial du Sauvignon

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die 2012-oesjaar van die Lomond Sauvignon Blanc het ’n goue medalje ontvang by die onlangse Concours Mondial du Sauvignon, wat elke jaar in Frankryk plaasvind. Kobus Gerber, die wynmaker, beskryf die wyn as “fris en medium-vol, met ’n delikate mineraalkarakter, en propvol smake van groen en tropiese vrugte”.

Dit is in Suid-Afrika teen ’n baie billike R60 per bottel te kry, en het bewys hy hoef glad nie terug te staan vir sy twee beroemde  enkelwingerd-“broeders” nie. Dié is die Pincusion Sauvignon Blanc en die Sugarbush Sauvignon Blanc wat gereeld by plaaslike en buitelandse kompetisies bekroon word.

Die 2012 Lomond Sauvignon Blanc word in die 2013-uitgawe van Platter’s South African Wine Guide beskryf as “in sy jeugdigheid meer toeganklik as die enkelwingerd-weergawes”. Die beoordelaars by die Concours Mondial du Sauvignon het klaarblyklik saamgestem.

Lomond is een van net enkele wynplase met die Kaap Agulhas-oorsprongbenaming. Die wingerde word in die somer deur suidweste- en suidoostewinde afgekoel. Danksy die koel weer word die druiwe etlike weke later as in die Stellenbosch-gebied ryp. Die eerste druiwe word eers teen  Maart geoes.

Daar is uit die staanspoor by Lomond 'n sterk klem geplaas op volhoubare boerdery en die bewaring van sy enorme biodiversiteit. Die groot opgaardam op die plaas lewer ook water aan die omringende gemeenskappe. 'n Organiese benadering geld in al die wingerde, en die boerdery vind só plaas dat so ver moontlik uitdrukking gegee word aan die uiteenlopende grondsoorte en wisselende hoogtes bo seespieël terwyl die inheemse habitat beskerm bly.

Lomond Kry Goud by Concours Mondial du Sauvignon

Xplorio

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles