VLV Internasionale Aand

VLV Internasionale Aand

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Adri Ehlers en Dalene van Dyk by Suid-Afrika.

Daar is heerlik gekuier by die plaaslike VLV se Internasionale Aand wat met ‘n bykans vol saal afgeskop het.  Daar was tien stalletjies van verskillende lande waar almal kon gaan proe en met al die proesels het elke gas met ‘n oorvol bord geëindig.

Dit was ‘n gastronomiese kosreis vanaf  Suid-Afrika tot by Bahrain in die Midde-Ooste en elke stalletjiehouer het in die tradisie van haar land gekook, verfraai en sommige selfs in tradisionele drag geklee. Die stalletjies was die inisiatief van die bestuur en lede. 

Dit was “Bon Voyage” vanaf die ingangsportaal waar tasse, brosjures, ‘n elegante lugwaardin en sjerrie almal op ‘n wêreldreis gestuur het.  Gaste kon vanaf  Suid-Afrika se bobo-tie, Griekse slaaie, Engelse “bangers and mash”, Hollandse sop en kaas, Oosterse Um Ahli poeding en nog nog vele meer geniet. Sommige stalletjiehouers het tent opgeslaan in Kanada,  ‘n Arabiese Bedoeiën tent in die woestyn met twee gesluierde dames  tot olyfbome van Griekeland wat lewensgroot tussen geregte van die Meditereense Streek staan.  Mens kon selfs glo dat iewers ‘n bok blêr en ‘n kameel kla.

‘n Baie suksevolle wynveiling met die bekkige afslaer, Jannie Botha, is geesdriftig ondersteun en kon teen die einde ‘n totale bedrag van R3125 oplewer. Die kaartjieverkope het R9 000 beloop wat ‘n behoorlike hupstoot aan  VLV-fondse verleen.

Baie dankie aan almal wat die aand moontlik gemaak het, diegene wat die VLV ondersteun het en aan die gasvroue en hul kookvernuf, navorsing en moeite om alles so aantreklik moontlik te maak.

Die voorsitter, Rienie Ludick, het almal tydens die geleentheid bedank, maar daar is ‘n baie spesiale dankie aan die volgende borge; Strandveld Wines vir ‘n groot skenking van hul heerlike wyne wat opgeveil is.  Dit was ‘n besondere voorreg om wyn uit ons streek aan te bied.

Arné Erasmus vir sy  samestelling van verskillende wyne wat ook opgeveil is. Arné is die kleinseun van Christie Groenewald, een van ons gewaardeerde lede en beoordelaar.

OK Foods vir hul spesiale aanbod op aankope.
VLV Gansbaai sê au revoir tot ons volgende reis.

Charlene le Roux skuif Namibié se uitstalling reg, Foto’s: Elizma de Lange

VLV Internasionale Aand

Xplorio

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles