Agulhas Vaardigheidskool

Agulhas Vaardigheidskool

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

"Ons groot dag vir die amptelike opening van ons skool het uiteindelik aangebreek," laat weet Andries Botha vanuit Napier. Andries is in 2011 as skoolhoof van Agulhas Vaardigheidskool aangestel. Die skool word op Vrydag, 24 Mei 2013 om 10:30 amptelik deur mnr Donald Grant, LUR: Provinsiale Minister van Onderwys Wes-Kaap, geopen. Andries, voorheen skoolhoof aan Gansbaai Primêr, wat ook 'n voedingsarea vir die vaardigheidskool is, vertel dat Agulhas Vaardigheidskool in 2010 deur die Wes-Kaapse Onderwys Departement gestig is.

Die skoolhoof van Agulhas Vaardigheidskool te Napier, Andries Botha

Die skool is gestig vir leerders in die hoofstroom wat as gevolg van spesiale leerbehoeftes nie kon vorder nie. "Daar is besluit om Hoërskool Napier na ‘n vaardigheidskool om te skakel, aangesien die mooi skoolgebou en sportgronde reeds bestaan het," vertel Andries. Mnr FS le Roux is as die eerste skoolhoof aangestel, met 'n leerdertal van 105. Die skool het 'n bestaande houtwerkklas, naaldwerkklas en huishoudkundeklas gehad waar Houtbewerking, Naaldwerk en Gasvryheidstudie aangebied kon word. Dan was daar ook 'n bestaande rekenaarlokaal wat benut kon word. Twee nuwe werkswinkels is aangebou waar Sweis en Boukonstruksie aangebied word. 'n Nuwe Landbouafdeling is ook begin en leerders het elkeen hul eie stukkie grond gekry om te bewerk. Die wetenskaplokaal is in 'n moderne haarsalon omskep, waar haar- en skoonheidsorg aangebied word, met Educare wat tot die kurrikulum bygevoeg is. Agulhas Vaardigheidskool is nog in sy kinderskoene en vanjaar is daar vir die eerste keer leerders tot en met 'n vierde jaar." In totaal is daar nou 258 leerders, 22 opvoeders, 'n sielkundige, 'n arbeidsterapeut en 'n remediërende opvoeder.

Andries kan by 082-374-8973 of 028-423-3235 gekontak word, of stuur 'n e-pos aan agulhassos@gmail.com.

Hardus Botha
 

Agulhas Vaardigheidskool

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles