Mode en sjampanje in die fynbos

Mode en sjampanje in die fynbos

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Petra van Rensburg saam met van die gaste.

‘n Oggend van styl, kleur en mode is gevier by die Sjampanje Ontbyt te Flower Valley Plaas net buite Gansbaai op Saterdag 11 Mei. Ongeveer 60 dames het die Sjampanje Ontbyt wat ten bate van die Flower Valley Voorskooltjie was bygewoon. Voorkomskonsultant Patricia Franken het vir die dames verskeie wenke aangebied oor kleure – en hoe om jou gelaatskleur en hare te beklemtoon. Modelle is ook gebruik om te wys hoe om klere te kies wat ‘n figuur vlei. Sy het ook grimeringswenke gedemonstreer vir die gehoor. Volgens Natasha Forbes, onderwyseres by die Flower Valley Voorskool, en organiseerder van die ontbyt, was die dag ‘n reuse sukses. “Die dames het die dag vreeslik geniet, en ons het wonderlike positiewe terugvoering gekry. Die voorkomsadvies was baie prakties, en maklik om te verstaan.” Sy het alle borge bedank vir hul bydraes tot die sukses van die dag.

Patricia Franken gee grimeerwenke vir die dames.

Die gehoor het ‘n heerlike ontbyt ook geniet, en het daarna pryse gewen gedurende ‘n ‘lucky draw’ kompetisie. Al die dames het ook ‘n handruiker, tydskrif en sepie ontvang.
Fondse wat ingesamel is, is oorhandig aan Flower Valley se voorskool, die ‘Early Learning Centre'. Dis skooltjie bied ‘n onderrig aan leerders tussen die ouderdom van twee en ses. Die skool is ‘n lid van die Eko-Skole Program, en die kurrikulum vir die kinders sluit dus in ‘n omgewings-gebaseerde onderrig.

Vir meer inligting oor die skool, kontak Natasha Forbes.
Email: elc@flowervalley.co.za, of tel: 028 388 0713.

Mode en sjampanje in die fynbos

Natasha Forbes

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles