Manne wys onthaalstaal

Manne wys onthaalstaal

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die groepie manne wat hul onthaalstaal met Moedersdag getoon het, met voor vlnr Bev Swart, Raymond Rabe en Kobus du Toit. Agter vlnr is Johan Wiese, Phillip Fourie, Steve Muller, Dirk Bester, Dirk Buchner, Ralph Gibbs en Hardus Botha

Die manne van die Birkenhead Boothengelklub in Gansbaai hawe het behoorlik hulle "onthaalstaal" op Moedersdag getoon. Phillip Fourie, ondervoorsitter, het die leisels opgeneem en die resultate was 'n suksesvolle Moedersdagete in die klubsaal. Die voorafbeplanning, spyskaart en wie wat moet doen en wat voorberei moet word, is deur die groepie manne aangepak. 'n Volledige 3-gangmaaltyd is voorgesit en op 'n uiters profes-sionele wyse aangebied. By die voordeur is gaste vriendelik met 'n glasie sjerrie verwelkom, met elke dame wat 'n geskenkpakkie en kaartjie ontvang het, voordat hulle by die netjies-versierde tafels gaan aansit het. Daar het vonkelwyn op hulle gewag en kort daarna 'n smaaklike seekoskelkie. Die "opskeppers" was agter geslote deure, met vier flink manne met strikdasse en al wat die gaste bedien het en borde en eetgerei weer ewe flink van die tafels af verwyder het.  Die Drie Snare, Raymond Rabe, Dirk Buchner en Kobus du Toit het tussendeur, met hul eie kitaarbegeleiding, egte Moedersdagliedere gesing. Drie "sprekers" het elk die geleentheid ontvang om 'n spesiale Moedersdagboodskappie oor te dra. Die enigste "klagte" oor die ete was dat dit hopeloos te veel kos is wat voorgesit is, asof mens dít nou as 'n klagte kan beskou. Die manne, hengelaars en sosiale klublede, het duidelik gewys waartoe hulle in staat is met die eiehandige aanbieding van 'n funksie, en dit vir bykans 70 gaste. Gansbaai Courant het vertroulik verneem dat daar so hier en daar 'n dame-klublid se hand nadergetrek is, maar selfs hulle het bevestig dat die inisiatief en eintlike harde werk "man-alleen" deur die manne gedoen is, maar daar wag dalk vir hulle 'n verrassing as hulle dink Vadersdag sal slegs deur die dames behartig word!"                                                     
Hardus Botha

Een van die "kelners", Steve Muller, besig om die gaste te bedien

Manne wys onthaalstaal

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles