Vlnr: Jonathan van Schalkwyk, Alfred Swarts (Flower Valley Mede-Plaasbestuurder) and Sithembiso Ngapha
Flower Valley se plaasspan het tweede geëindig in die spanafdeling by die Southern Tip-Zoetendals Valley Aflosresies. Die aflos is op Saterdag 11 Mei 2013, binne die Agulhas Nasionale Park gehou. Jonathan van Schalkwyk het die 14km resies aangepak, terwyl Sithembiso Ngapha die 40km bergfiets rit oor die Soetanysberg aangedurf het. Die twee het dan ook algeheel vyfde geëindig.
Terseldertyd het Flower Valley se Trustee Sean Privett tweede geëindig in die individuele afdeling (ook die 14km resies en 40km fietsry), en algeheel derde plek verower.