Een van die groot voordele van toerisme lê daarin opgesluit dat dit nuwe ondernemings en werksgeleenthede skep - wat die ekonomie 'n hupstoot gee en ook talle meer Suid-Afrikaners die kans gee om hul drome om 'n eie huis te besit te bewaarheid.
Dit is die mening van Richard Gray, uitvoerende hoof van Harcourts Real Estate, in reaksie op die onlangse aankondiging deur President Jacob Zuma dat 9,2-miljoen internasionale toeriste SA verlede jaar besoek het - 'n styging van 10,2% teenoor die syfer in 2011.
"Dit was meer as dubbel die 4% wat wêreldwyd in die toename in toerisme deur die VN se wêreldtoerisme-organisasie aangeteken is en toon dat ons nou die vrugte pluk van die groot belegging wat ons in infrastruktuur, stelsels, veiligheid en opleiding ter voorbereiding van die 2010 Wêreldbekersokkertoernooi gemaak het."
Nog meer betekenisvol, sê hy, is dat die President duidelik uitgestippel het hoe groot die potensiaal van toerisme is om meer sake- en werksgeleenthede vir jong mense te skep asook dat dit een van die belangrikste oogmerke is van die nasionale toerismestrategie, wat daarop gerig is om SA teen 2020 onder die top 20 toeristebestemmings in die wêreld te maak, om minstens 225 000 regstreekse werksgeleenthede in die plaaslike toerismebedryf te skep.
"Nog 'n oogmerk is om die ekonomiese bydrae uit toerisme tot R500-miljard per jaar te verhoog, wat moontlik optimisties lyk, alhoewel buitelandse toeriste verlede jaar altesaam R76,4-miljard in Suid-Afrika bestee het, 7,6% meer as die algehele buitelandse besteding in die land in 2011, en dit wil voorkom of 'n groot gedeelte hiervan deursyfer na grondvlak. Ons kantore bemerk reeds geruime tyd 'n styging in voltydse indiensneming - en in huistransaksies - in gebiede waar toerisme toegeneem het.
"Boonop skep toerisme nou die motivering sowel as die middele vir talle ander Suid-Afrikaners om hul eie ondernemings te begin. Dit blaas duidelik nuwe lewe in die plaaslike ekonomie en eiendomsmark van talle klein dorpies - in die binneland sowel as in kusgebiede - aangaande ondernemers die geleentheid benut om byvoorbeeld nuwe gastehuise, kuns- en aandenkingswinkeltjies, restourante en gespesialiseerde toerondernemings te open."
Maar, sê Gray, toerisme floreer net waar daar toeriste is, of waar toeriste wil wees, en mense wat uit meer toerisme voordeel wil behaal mag moontlik na 'n ander voorstad, dorp of selfs provinsie moet verhuis. "En dis waar Harcourts 'n bydrae lewer. Die groep het 'n wye geografiese verteenwoordiging met takke in talle dorpe en stede regdeur die land en bied 'n hoogs doeltreffende verwysingstelsel om mense wat verhuis van diens te wees.
"Of jy dus 'n jongmens is wat 'n loopbaan in eko-toerisme wil volg, 'n afgetredene wat 'n nuwe onderneming wat op toeriste aan die kus gemik, is wil open, of 'n ouer wat jou kinders 'n rustiger leefwyse in 'n mooi klein dorpie wil bied, kan jy op die plaaslike Harcourts-agentskap steun om 'n huis wat nommerpas aan jou behoeftes voldoen, op te spoor."
Meer toeriste stut eiendomsmark
16 May 2013Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
You Have the Power to Change the Pattern
Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.
Red Wine Oxtail
Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?
Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.
Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs
An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026
Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026
The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...











