Die Pret van Pretstap

Die Pret van Pretstap

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die "Fun Walk" vir die bewusmaking van fiksheid en algemene gesondheid wat op Saterdag, 4 Mei 2013 aangebied is, het, aldus die organiseerders, bogemiddeld suksesvol afgeloop. Die Pretstap het by Gansbaai OK Foods afgeskop, kuslangs tot by Stanford's Cove en weer terug. 
Dit was 'n gesamentlike poging deur Pieta Botes van Xtreme Fitness en Jackie Lombaard en Yolanda Kriel van Herbal Life Independent Distributers. Belangstellendes het die voorafgaande Vrydagaand bymekaar gekom waar hulle deur Pieta ingelig is oor die belangrikheid van oefeninge en fiksheid vir goeie gesondheid, deur Jackie oor die belangrikheid van Herbal-produkte en deur dr Zander Barnard oor die handhawing van goeie gesondheid en fiksheid in die algemeen. "Die deelname aan die staptog het ons verras met bykans 100 deelnemers," sê Pieta. "Dit dui sonder twyfel op 'n groot behoefte aan soortgelyke pretstaptogte." Sommige stappers het uitermate snaaks aangetrek, wat vir nog meer pret gesorg het. Die wegspring het met vrolike musiek gepaardgegaan, met die bekende OK Buddy wat almal met die hand gegroet het.

Die waterpunte op pad na Stanford's Cove is deur Boat House restaurant en drs Christo & Zander Barnard Mediese Praktyk beman, met dr Christo se bekende geraamte, Stan, wat die stappers met inspuitings (waterlafenisse), 'n hospitaalbed en 'n rolstoel ingewag het. By Stanford's Cove is die stappers met groot pret en lafenis deur Gansbaai OK Foods ingewag, met Buddy wat balonne uitgedeel het. Op pad terug was dit weer Blue Goose restaurant en Flower Valley se beurt om waterpunte te beman. Terug by Gansbaai OK Foods is die staptog met vele pret, gesellige musiek en die uitdeel van pryse afgesluit. Pieta, Jackie en Yolanda doen graag die volgende bedankings: Prysborge - Blue Goose restaurant, Boat House restaurant, Gansbaai OK Foods, Herbal Life Independent Distributers, Ivanhoe Sea Safaries, Shark Diving Unlimited, Whale Sanctury Lodge, White Shark Diving Company; Waterpunte - Aqua Angel, Boat House restaurant, Drs Christo en Zander Barnard Mediese Praktyk, Flower Valley en Blue Goose restaurant, Gansbaai OK Foods: Ander - Frederik (Coke Borg), Gansbaai Aanbiddingssentrum (tafels en stoele), Gansbaai Melodrama (klank), Jannes Coetzee (Computerhut), Susan van Gansbaai Munisipaliteit en Tony van die Verkeersdepartement.

"Die deelnemers het die pretstap só geniet, dat hulle ons gevra het om dit 'n instelling vir minstens twee keer per jaar te maak," vertel Pieta. Die Fun Walk is ten bate van die Flower Valley Early Learning Centre aangebied en die pragtige bedrag van R2,155 is ingesamel, wat reeds aan hulle oorhandig is.

Vir navrae kan Pieta Botes (Xtreme Fitness) by 072-409-6732 geskakel word, of skakel vir Jackie Lombaard (Herbal Life Independent Distributers) by 076-873-4386.
Hardus Botha

 

Die Pret van Pretstap

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles