Die Bron Primere Skool

Die Bron Primere Skool

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sybill October, Die Bron Primêre Skool te Stanford se skoolhoof

By Die Bron Primêre Skool te Stanford verloop sake nogal bedrywig en dit is 'n behoorlike mondvol om met Afrikaans, Xhosa en Engels by te hou. Die skoolhoof, Sybill October, is egter 'n gesoute opvoeder met 'n leeftyd se ervaring in die onderwys en die taalaspek is geen probleem vir haar nie. Sy dien reeds sedert 1967 (64 jaar) by die skool as opvoeder en is in 1994 (19 jaar gelede) as skoolhoof aangestel.

"Ons is goed ingerig en georganiseerd en het geen aanpassings-probleme met die multi-kulturele onderrig nie," sê sy. Die skool beskik tans oor 15 opvoeders en 501 leerders.

Die Bron Primêre Skool se nuwe onderwyser, Maresa de Villiers, saam met haar Gr 2 leerders

Dan is daar 4 ondersteunen-de personeellede (admini-strasie, terrein en tuinier), 4 vrywilligers (voedingskema) en 3 assistente (Premier-projek, Afrikaans en Xhosa). Gr1-3 se Xhosa-leerders ontvang moedertaalonderrig, terwyl Gr 4-7 in Xhosa en Engels onderrig word, met Afrikaans vir die res van die leerders vanaf Gr R tot Gr 7. "Ondanks die vele taal- en kultuurverskille, is ons geseënd met wonderlike samewerking en 'n spontane onderlinge gees onder al die leerders," sê Sybill. Nichol Dreyer, voorheen van Gansbaai Primêr, is die enigste haan onder die henne en is as Departementshoof aangestel. Hy neem ook volle verantwoordelikheid van alle sportaktiwiteite.

Die skool het onlangs 'n nuwe en entoesiastiese opvoeder bygekry. Maresa de Villiers was aan Laerskool Theo Wassenaar in Gauteng verbonde en is met ingang van 1 April by Die Bron Primêre Skool vir die Gr 2 leerders aangestel. "Eintlik het ek teruggekom huis toe, aangesien ek in hierdie omgewing grootgeword het," vertel Maresa.

Sybill vertel dat die leerders en opvoeders onlangs met groot hartseer van een van hulle Gr 5 leerders, Lusisipho Sikoyela (12), afskeid geneem het wat onverwags oorlede is. "Sy was 'n skrander, aktiewe en hulpvaardige dogter wat op sport- en akademiese gebied uitgeblink het," vertel Sybill.

Wyle Lusisipho Sikoyela, van wie Die Bron Primêre Skool se leerders en opvoeers hartseer afskeid geneem het
Lusisipho was 'n kranige atleet, hokkie-, netbal- en sokkerspeler en het ook in Eisteddfod-geledere met haar Xhosa-gedigte uitgeblink.

Hardus Botha



 

Die Bron Primere Skool

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles