Kadette vir Hengelopleiding gekeur

Kadette vir Hengelopleiding gekeur

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die groep opgewonde kandidate, waarvan 6 gekeur moes word, vir die Birkenhead Boothengelklub se hengelkursus, met Phillip Fourie links en Raymond Rabe regs

"Die Birkenhead Boothengelklub was een van die gekose instansies wat, na 'n deeglike en professionele voorlegging aan die Overstrand Munisipaliteit, daarin kon slaag om fondse as deel van die Munisipaliteit se "Grant-in-Aid" program vir 2012/2013 te ontvang," vertel Phillip Fourie, ondervoorsitter van die klub. Hierdie fondse word deur die bootklub vir teoretiese- en praktiese opleiding aangewend om skoliere tussen die ouderdom van 13 en 18 jaar gratis in die vaardighede van boothengel op te lei. Phillip sê behalwe vir die praktiese opleiding van 'n dag of wat op 'n boot ter see, behels die opleidingsprogram verskeie breër aspekte wat onder andere die volgende insluit: veiligheid op see en land, bewusmaking van die kwesbaarheid van die natuur en in besonder die see, identifisering van visspesies, kennis van grootte en hoeveelheid vis wat gevang mag word, die hantering van 'n brand, basiese noodhulp en vele ander aspekte. "Die program konsentreer ook op gedraglewensvaardighede van aspirant vissermanne op land en op see."

Die klubbestuur bedank ook graag die Westelike Provinsie Diepsee Hengelvereniging (WPDSAA) vir hul ondersteuning in die verskaffing van opleidingsmateriaal. Nadat 'n advertensie in Gansbaai Courant geplaas is, het 15 opgewonde kandidate op Saterdag, 18 Mei 2013 vir die keuringsproses by die klubhuis opgedaag. As gevolg van beperkte fondse en die hoë kostes verbonde aan die gratis opleiding, kon slegs 6 kandidate vir die kursus gekeur word. Phillip en die klub se voorsitter, Raymond Rabe, het die aanwesiges hulle eerste "natuurlesse" laat ervaar en 'n kort toetsie oor praktiese sake rakende windrigtings, son opkoms- en ondergang, die "port" en "starboard" kante van 'n boot, laat skryf. Dit, asook algemene vrae en evaluering, het die opleiers in staat gestel om die 6 gelukkige kandidate te kies. Hulle is Banele Mlimisi (Masakhane Primêr), Dewald Bantom (Gansbaai Academia), Kevin Rutzen (Laerskool Okkie Smuts), Robert Brown (Laerskool Gansbaai), Roberto-Baso Lottering (Gansbaai Academia) en Ronold Mapukatha (Masakhane Primêr). Hierdie kadette sal nou oor die volgende 4 Saterdae deeglik in die basiese kuns van hengelprosedures opleiding ontvang.

Hardus Botha
 

Kadette vir Hengelopleiding gekeur

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles