Kadette vir Hengelopleiding gekeur

Kadette vir Hengelopleiding gekeur

Gansbaai Courant

Die groep opgewonde kandidate, waarvan 6 gekeur moes word, vir die Birkenhead Boothengelklub se hengelkursus, met Phillip Fourie links en Raymond Rabe regs

"Die Birkenhead Boothengelklub was een van die gekose instansies wat, na 'n deeglike en professionele voorlegging aan die Overstrand Munisipaliteit, daarin kon slaag om fondse as deel van die Munisipaliteit se "Grant-in-Aid" program vir 2012/2013 te ontvang," vertel Phillip Fourie, ondervoorsitter van die klub. Hierdie fondse word deur die bootklub vir teoretiese- en praktiese opleiding aangewend om skoliere tussen die ouderdom van 13 en 18 jaar gratis in die vaardighede van boothengel op te lei. Phillip sê behalwe vir die praktiese opleiding van 'n dag of wat op 'n boot ter see, behels die opleidingsprogram verskeie breër aspekte wat onder andere die volgende insluit: veiligheid op see en land, bewusmaking van die kwesbaarheid van die natuur en in besonder die see, identifisering van visspesies, kennis van grootte en hoeveelheid vis wat gevang mag word, die hantering van 'n brand, basiese noodhulp en vele ander aspekte. "Die program konsentreer ook op gedraglewensvaardighede van aspirant vissermanne op land en op see."

Die klubbestuur bedank ook graag die Westelike Provinsie Diepsee Hengelvereniging (WPDSAA) vir hul ondersteuning in die verskaffing van opleidingsmateriaal. Nadat 'n advertensie in Gansbaai Courant geplaas is, het 15 opgewonde kandidate op Saterdag, 18 Mei 2013 vir die keuringsproses by die klubhuis opgedaag. As gevolg van beperkte fondse en die hoë kostes verbonde aan die gratis opleiding, kon slegs 6 kandidate vir die kursus gekeur word. Phillip en die klub se voorsitter, Raymond Rabe, het die aanwesiges hulle eerste "natuurlesse" laat ervaar en 'n kort toetsie oor praktiese sake rakende windrigtings, son opkoms- en ondergang, die "port" en "starboard" kante van 'n boot, laat skryf. Dit, asook algemene vrae en evaluering, het die opleiers in staat gestel om die 6 gelukkige kandidate te kies. Hulle is Banele Mlimisi (Masakhane Primêr), Dewald Bantom (Gansbaai Academia), Kevin Rutzen (Laerskool Okkie Smuts), Robert Brown (Laerskool Gansbaai), Roberto-Baso Lottering (Gansbaai Academia) en Ronold Mapukatha (Masakhane Primêr). Hierdie kadette sal nou oor die volgende 4 Saterdae deeglik in die basiese kuns van hengelprosedures opleiding ontvang.

Hardus Botha
 

Kadette vir Hengelopleiding gekeur

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles