Nuwe fondsinsamelingsprojek Tekkie Tax

Nuwe fondsinsamelingsprojek Tekkie Tax

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vir die eerste keer het Suid-Afrika ’n fondsinsamelings projek waar die publiek self kan kies wie by hulle donasie baatvind. Daar sal 5 verskillende plakkers wees (selfs een vir jou selfoon!) en jy kan besluit waar jou hart lê, hetsy  dit diere, bejaardes, kinders, persone wat gestremd is of dalk selfs onderwys en opleiding is.

  • Allerhande Diere
  • Basiese Gemeenskapsdiens
  • Cool Kinders
  • Dienslewering aan persone met Gestremdheid
  • Essensiële Onderwys

Nou kan jy gee waar jou hart lê . . . en dit hoef nie net vir een van die afdelings te wees nie!

Tekkie Tax is ’n jaarlikse fondsinsamelingsprojek vir ’n groot verskeidenheid van ons land se grootste, kleinste en mees betroubare welsynsorganisasies. Die projek (en sy bankrekening!) word nie deur net een welsynsorganisasie alleen beheer nie en elkeen van die deelnemende organisasies sal deel in die opbrengs en sukses van die projek.

Annelise de Jager, projekorganiseerder sê: “Daar is te veel voorbeelde van welsynsorgnisasies wat groot bedrae geld verloor het in onsuksesvolle pogings om fondse in te samel. Die Tekkie Tax veldtog gee ’n geleentheid aan selfs die kleinste organisasie in ons land om deel te wees van ’n nasionale fondsinsamelingprojek met 0% risiko en maksimum voordele. Die geheel is groter as die som van die deler – ek glo dat as ‘n span kan welsynsorganisasies in Suid-Afrika veel meer vermag as elkeen se individuele pogings saamgevoeg word. Die publiek kan natuurlik ook betrokke raak. The Marketing Team is op soek na 'n kontakpersoon in elke maatskappy in SA, ongeag van hoe groot of klein die maatskappy is. Individue word uitgenooi om te registreer op die Tekkie Tax webtuiste waar hulle 'n vorm kan invul om seker te maak dat hulle maatskappy deel sal wees van hierdie dag.

So waar jy ookal is, maak 'n nota in jou dagboek van Tekkie Tax wat sal plaasvind op Vrydag 31 Mei.  Kry jou tekkies gereed vir die dag, besluit watter een (of meer) van die 5 plakkers jy wil kry en maak seker dat jy die klein plakker op jou selfoon plak sodat jy vir die hele wêreld kan wys waar jou hart lê en dat jy jou tax vir daardie organisasie/s betaal het.

Van nou af betaal ons almal tax met 'n glimlag! 

Vir meer inligting kontak 012-663 8181 of besoek www.tekkietax.co.za.

Nuwe fondsinsamelingsprojek Tekkie Tax

Xplorio

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles