Laerskool Gansbaai

OVERBERGSE EISTEDDFOD: AFRIKAANSE SPRAAK EN DRAMA

Op Vrydag, 10 Mei 2013 het ons leerders deelgeneem aan die Overbergse Eisteddfod se Afrikaanse Spraak en Drama in Hermanus. Hulle het pragtig presteer! 

Ons leerders het altesaam 6 Cum Luade, 11 Goue, 10 Silwer en 1 Eervolle Vermelding verwerf.  Ons is baie trots op ons leerders en hulle moet volgende jaar weer deelneem en ons skool se naam hoog hou!

Baie dankie al die leerkragte van Graad 1, 2 en 3  wat ons leerders so goed afgerig het.  Baie dankie ook aan al die ouers vir hul ondersteuning en hul hulp met die vervoer van leerders na Hermanus.