Beligting essensieel

Beligting essensieel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Links is prof Hennie Rudman van die Universiteit van Stellenbosch tydens sy aanbieding van "Beligting" (Exposure) saam met Christo Wessels, voorsitter van Gansbaai Fotografieklub

Gansbaai Fotografieklub se byeenkoms op Saterdag, 18 Mei is deur 'n interessante en leersame aanbieding oor beligting (exposure) gekenmerk. Die aanbieding is op 'n praktiese wyse deur prof Hennie Rudman van die Universiteit van Stellenbosch aangebied. "Met my 3-jaar ambag in fotografie in die Lugmag, asook my 20 jaar dienstydperk by hulle, ingesluit die laaste 5 jaar waartydens ek by opleiding betrokke was, was ek verplig om letterlik die A tot Z van fotografie, kameras en foto-ontwikkeling te bemeester," het Hennie gesê.

Hy het die Lugmag reeds sowat 15 jaar gelede verlaat en is tans by die Universiteit van Stellenbosch in 'n private hoedanigheid, wat navorsing insluit, betrokke. Hennie het gemeld dat sy aanbieding oor beligting in die algemeen is, aangesien die verstellings van kamera tot kamera wissel. "Die drie belangrikste komponente wat die beligting van 'n foto bepaal, is die 'aperture setting', 'shutter speed setting' en die 'ISO setting'. Komposissie en beligting is baie belangrik vir 'n goeie foto." Hy het 'n fotograaf met sy kamera met 'n kunstenaar met sy verf en kwas vergelyk - "met 'n vorm van kuns in altwee gevalle as eindproduk."

Daar is basiese reëls wat aangeleer moet word, maar omstandighede terwyl die foto's geneem word, kan meebring dat sommige van die reëls wel gebreek kan word, solank die fotograaf net weet waarom dit nodig was om dit te breek en wat daartoe aanleiding gegee het. Klublede doen gereeld tydens aanbiedinge soos hierdie kosbare kennis op wat nuttig gebruik kan word. Dan het Hugh-Daniel Grobler se foto in Die Burger weer eens onder die eerste 5 topfoto's geëindig. Vandag (Donderdag, 23 Mei 2013) is die laaste dag om vir sy foto te stem.

Sms buite s4 aan 33844 (R1.50/sms) vandag nog. Navrae rakende Gansbaai Fotografieklub kan aan Christo Wessels by 082-920-9738 gerig word, of aan Linda Kloppers by 082-550-7313.

Hardus Botha 

Beligting essensieel

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles