Black Leaves is weer oppad

Black Leaves is weer oppad

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Verlede Saterdag het Gerhard Steyn van Kekkel en Kraai pragtige wit oefening T-hemde as 'n borgskap aan Black Leaves se 1ste span oorhandig. Andrew Adams, Bemarkingsbestuurder van Black Leaves het die welkome T-hemde saam met die spelers in ontvangs geneem. Gerhard Steyn van Kekkel en Kraai staan 2de van regs saam met Pieter Jantjies, met Andrew Adams heel links tydens die oorhandiging van oefening T-hemde aan Black Leaves se 1ste span

Op pad waarheen dan? Na Saldanhabaai op Saterdag, 25 Mei, ná hulle nederlaag van 22-42 teen Hawston. Dit was welliswaar 'n gevleide telling vir die baai nadat die baai 'n goeie wedstryd gespeel het. Michael Erasmus en Lood Fourie het 'n groot invloed gehad met hul terugkeer en was goed geolie. In die scrums het Hawston die baai veral laat les opsê, andersins was daar goeie rekenskap gegee. Al aspek wat die span nou kliphard aan sal moet werk, is hulle eerste lyne van verdediging. Daar skort nog heelwat wat fiksheid betref. Tog het Hawston dit aan hul bas gevoel deur goeie lakwerk van die baai. Dit sal alles niks help as die baai nie Saterdag teen Saldanha die bal in die hande kry nie. Die uwe wil gou Plan B soos volg deurstuur: Lood en Nollies op die senters, Evan op heelagter, Jamery op losskakel, Flippies sal moet plek maak vir Eli op slot, "try" vir Gollie op No.8 en begin Bradwill op haker. Jammer van Kaffer (oopkant flank) se handbesering, andersins is dit nou ideaal om Johan in te bring, veral vir sy rol wat hy in die tweede span vertolk het. Hy is sterk en het die Hawstoners se aanvalle behoorlik gestuit en hy doen ook goeie werk op die grond. Daar word nog min van Delano gesien, andersins gee Melk nog elke week sy beste. 'n Verdeging-speelpatroon moet gelewer word, tensy daar nie vinnig na 'n aanvalspatroon teen Saldanha en vorentoe omgeswaai word nie. Hieruit sal niks wys gehaal word tensy alle oefentoerusting gebêre word en daar kliphard oefen kontaksessies gehou word nie. Black Leaves, Saldanhabaai kan op hulle tuisveld verloor, net soos dit die geval verlede Saterdag teen Ceres (29-30) was, of wat sê julle? Gaan Saterdag uit en bewys julsef en, hoor hierso…."finish en klaar!" Hiervoor gaan ons die bus volpak, of hoe ondersteuners? Hou die moraal hoog en moenie "rattle" nie. (Berig verkort - Red.)

So sê Bra G 

Black Leaves is weer oppad

So se Bra G

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles