Kitshoff besoek Gansbaai

Kitshoff besoek Gansbaai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Rugbyspelers van die Laerskool Gansbaai was verlede week bevoorreg om van 'n gesoute internasionale beroepspeler meer van die spel te leer. Rohan Kitshoff (heel links), flank van die Stormers en die WP, het by familie op Gansbaai kom kuier en een middag die skool besoek om die seuns toe te spreek en 'n bietjie afrigting te doen. Rohan het Namibië in die Wêreldbekertoernooi van 2011 verteenwoordig en speel binnekort weer vir dié land wanneer hulle in Senegal gaan probeer kwalifiseer vir die volgende saamtrek in 2015. Hy is ook lid van 'n Franse klubspan.

Rohan, bekend as 'n baljagter van formaat, het die seuns aangemoedig om hul drome uit te leef. Hy het vertel hoe hy as kind graag eendag 'n goeie rugbyspeler wou word wat saam met beroemdes voor 50 000 toeskouers op Nuweland uitdraf. Mense het gesê hy is te klein om groot rugby te speel, maar met geloof en harde werk het hy sy droom verwesenlik -- en selfs vir sy geboorteland teen die Springbokke gespeel! Ná die praatjie het hy die o.13-span op die oefenveld gaan help terwyl die jonger spelers en 'n klompie ouers en onderwysers belangstellend toegekyk het.           
                   
Gerrit Cloete 
 

Kitshoff besoek Gansbaai

Gerrit Cloete

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles