Hande en Voete

Hande en Voete

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Fotografieklub se tema tydens die vorige byeenkoms was "hande & voete". Soos met alle vorige tema's loop die geweldige verskeidenheid van interpretasies daarvan uit op vele interessante foto's wat aan klublede vertoon word. Die interpretasies van hande en voete het gewissel vanaf oupas en oumas, vaders en moeders tot by babas se handjies en voetjies, voete in water of sand, verfbesmeerde hande en werkende hande. Elke foto het sy eie "storie" wat aan die kyker oorgedra is, afhangend van die wyse waarop die foto geneem is. Dit is juis in hierdie verskeidenheid van interpretasies van individue waarin die genot en ook die "kuns" van fotografie opgesluit is.

Jane Bailey se foto van 'n bejaarde dame se hande


"Maar versigtigheid in oordeel moet deurgaans aan die dag gelê word," het Marc du Plessis, wat kommentaar oor die foto's gelewer het, gesê. "Hande wat byvoorbeeld 'n té groot blom vashou, is nie vir hierdie tema doeltreffend nie, aangesien die blom dan die oorheersende item op die foto is." Marc het ook gesê dat horisontale foto's "sagter" vertoon, terwyl vertikale foto's "harder en meer dramaties" vertoon. Baie geluk aan Hugh-Daniel Grobler wat tweede geëindig het met sy foto in Die Burger se foto-kompetisie. Meer hieroor in die volgende uitgawe. Gansbaai Fotografieklub vergader elke 1ste en 3de Maandag van elke maand om 18:30 te Kerkstraat 30, oorkant Gansbaai Laerskool se agterste hek. Sprekers word gereeld gereël en byeenkomste word gesellig en informeel aangebied, met voldoende geleentheid vir beginners om iets te leer.

Vir navrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.       
Hardus Botha

Christo Wessels se foto van ontspanne voete 

Hande en Voete

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles